Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Given the ultimate inscrutability […] of authorial intention, we face the

impossibility of distinguishing in certain cases between ordered sequences and

mere selections of stories editorially arranged.

Skrywersintensie en genetiese agtergrondinligting kan dus nie die vernaamste

aanduiding van die soort siklus wees nie. Eerder moet dit gaan om die graad van

koherensie tussen die verhale. Hoewel Die dag toe ek my hare losgemaak het byvoorbeeld

eers op ‘n later stadium in die skryfproses tot siklus ontwikkel het (vgl. Brümmer

aangehaal in Swanepoel 2008:12), vertoon dit ‘n baie sterk mate van koherensie en kan

dit eerder as ‘n saamgestelde siklus beskou word.

‘n Belangrike kwessie met betrekking tot Ingram (1971) se omskrywing (―a book of

short stories so linked by their author that the reader‘s successive experience on various

levels of the pattern of the whole significantly modifies his experience of each of its

component parts‖) is sy beskouing dat die leeservaring beduidend verander, waardeur

die graad van ervaring as konseptuele maatstaf aangewend word. Hoe word die

reikwydte van daardie veranderde leeservaring gemeet? Omdat ‘n ―beduidend

veranderde leeservaring‖ gebaseer is op ‘n subjektiewe ervaring van die narratief, sal

lesers heel moontlik verskil in hulle evaluasie van die spanning tussen outonomie en

koherensie in enige bundel korter tekste. Dit is moontlik ook waarom hierdie genre

dikwels nie herken word deur resensente, teoretici en bemarkers nie – ‘n probleem

waarop Alderman (1985:135) wys.

Ingram se definisie van die kortverhaalsiklus, met sy sterk fokus op skrywersintensie en

leeservaring, laat ‘n duidelike gaping in die omskrywing van ‘n genre waarin

outonomie en koherensie tussen verskillende teksgedeeltes die belangrikste kenmerk is.

Dit wil dus voorkom of ‘n teksgerigte benadering tot hierdie genre tot ‘n meer

bruikbare omskrywing kan lei.

Ferguson (2003) noem in hierdie verband dat beide die skrywer en die leser ‘n

belangrike rol speel: die skrywer moet die teks bewustelik op een of ander wyse kodeer

en die leser moet in staat wees om die generiese kodes – en dus die skakeling tussen

koherensie en outonomie – raak te sien en te dekodeer. Wat met skrywers- en

lesersgerigte benaderings agterweë gelaat word, is die tekstuele kenmerke wat die

skrywer inbou en wat die leser moet kan herken om die betrokke versameling tekste as

‘n kortverhaalsiklus te kan ervaar.

Nagel (2004:11) wys daarop dat Ingram se definisie te min aandag skenk aan die

tekstuele elemente wat outonomie en koherensie in die kortverhaalsiklus tot stand laat

kom:

The problem with this approach to a definition is that it has its inception in

assumptions not about the works themselves but about the consciousness and

intentions of the author and in speculations about the responses of prospective

readers. It would seem more felicitous to attempt a definition based on the

stories and volumes themselves rather than on authors and readers.

‘n Verdere kwessie met Ingram se omskrywing van die kortverhaalsiklus is die

genrekonvensies van die outonome tekste wat saam ‘n geheel (die kortverhaalsiklus)

vorm. Ingram se beskouing dat dié tekste noodwendig kortverhale moet wees, word

gedeel deur Mann (1989:6), maar sy kwalifiseer hierdie uitspraak:

127

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za