01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1.6 PROVINSIALE MINISTER SE VERKLARING

Dit is vir my ‘n plesier om aan u verslag te lewer van hoe my Departement gedurende die jaar onder

beskouing gevaar het. Gedurende die beplanningstydperk van die jaar onder beskouing, het ek gesê dat

my primêre verantwoordelikheid sal wees om my Departement te lei om die regte ding te doen. Ons het

voortgegaan om ons manier van besigheid doen te bevraagteken in belang van die verbetering van die

sosio-ekonomiese omstandighede van ons burgers. Ondersteunend van hierdie strategiese oogmerk, is

ek ingenome met die aankondiging dat my Departement ‘n skoon ouditverslag ontvang het wat bevestig

dat ons die omgewings- en beplanningswetgewingsprosesse met agting en toerekenbaarheid bestuur.

Die jaar onder beskouing het beduidende beleids- en wetgewingsmylpale vir my Departement opgelewer.

Vooruitbeplanning vereis van ons om volhoubaar te dink in terme van die beskerming van

die natuurlike omgewing vir toekomstige generasies asook om ekonomiese groei en volhoubare

ontwikkeling te verseker. Die Wetsontwerp vir Grondgebruiksbeplannings is voltooi en my Departement

is tans besig om die kommentaar wat van al die belanghebbendes ontvang is, na te gaan. Dit is ons

doelwit om hierdie wetgewing in April 2013 bekend te maak.

Terwyl hierdie beplanningswetgewing die noodsaaklikheid vir geïntegreerde beplanning aanspreek, is dit

net so belangrik dat beleid en wetgewing ander faktore soos die natuurlike omgewing in ag neem met

die doel om holistiese beplanning en ontwikkeling in terme van die sosiale en ekonomiese oorwegings en

natuurlike omgewing van die Provinsie te bevorder. Op 13 Desember 2011 het die Provinsiale Kabinet die

Wes-Kaapse Wet op Biosfeerreservate, 2011 (Wet No.6 van 2011) goedgekeur. My Department is tans in

die proses om die Regulasies insake Biosfeerreservate op te stel.

Dit is belangrik om wetgewingsraamwerke te formuleer ten einde te verseker dat die belange van die

mense in ag geneem word en dat ‘n inklusiewe proses gefasiliteer word. Die Wes-Kaapse konsepwetsontwerp

op Volhoubare Energie is in die 2011/12 finansiële jaar in samewerking met munisipaliteite as

deel van die Provinsiale voorbereidings vir die 17de Konferensie van Partye-program ontwikkel. Die mees

onlangse konsepwetsontwerp is verwys vir wetlike hersiening en ‘n openbare deelname-proses sal in die

2012/13 finansiële jaar onderneem word.

Hierdie verslag dokumenteer ‘n reeks bereikte doelwitte. Alhoewel almal nie as onmiddellik beskou kan

word nie, moet in gedagte gehou word dat die beskerming van ons waardevolste bate ingeligte beplanning

en die neem van besluite in die hede vereis ten einde die langtermynvisie van ‘n beter lewe saam in

‘n samelewing met gelyke sosio-ekonomiese geleenthede te bereik.

PROVINSIALE MINISTER VAN DIE PLAASLIKE REGERING,

OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

MNR. A. BREDELL

Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!