01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WES-KAAP: OMGEWINGSDIENSTE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

BEGROTINGSPOS 9

REKENKUNDIGE BELEIDE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2012

REKENKUNDIGE BELEIDE

Die finansiële state is voorberei in ooreenstemming met die volgende beleide, wat konsekwent toegepas

is in alle materiële aspekte, tensy anders aangedui. Waar gepas en betekenisvol is addisionele inligting

egter openbaar gemaak om die nut van die Finansiële Sate te versterk en om die statutêre vereistes van

die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999 (soos gewysig deur Wet 29 van 1999), en die

Tesourierregulasies uitgereik ingevolge die Wet en die Wet op Verdeling van Inkomste, Wet 1 van 2010

na te kom.

1. AANBIEDING VAN DIE FINANSIËLE STATE

1.1 Basis van voorbereiding

Die Finansiële State is voorberei op ‘n gewysigde kontantbasis van rekeningkunde, behalwe waar

anders genoem. Die gewysigde kontantbasis is deel van die kontantbasis van rekeningkunde aangevul

met addisionele openbaarmakingsitems. Onder die kontantbasis van rekeningkundige transaksies en

ander gebeurtenisse word erken wanneer kontant ontvang of betaal word.

1.2 Aanbieding van geldeenheid

Alle bedrae is in die geldeenheid van die Suid-Afrikaanse Rand (R) aangedui wat ook die funksionele

geldeenheid van die Departement is.

1.3 Afronding

Tensy anders vermeld, is alle finansiële syfers tot die naaste eenduisend Rand (R’000) afgerond.

1.4 Vergelykende syfers

Vergelykende inligting van die vorige tydperk is in die huidige jaar se finansiële state aangebied.

Waar nodig, is syfers wat in die finansiële state van die vorige tydperk ingesluit is, herklassifeseer om te

verseker dat die formaat waarin die inligting aangebied word, konsekwent is met die formaat van die

huidige jaar se finansiële state.

1.5 Vergelykende syfers - toedelingstaat

‘n Vergelyking tussen werklike bedrae en finale toedeling per groot klassifisering van uitgawe is by die

Toedelingstaat ingesluit.

2. INKOMSTE

2.1 Toegedeelde fondse

Toegedeelde fondse behels Departementele toewysings, asook direkte koste teen inkomstefonds (d.w.s.

statutêre toewysing). Toegedeelde fondse word in die finansiële rekords erken op die datum wat die

toedeling in werking tree. Aansuiwerings gemaak ooreenkomstig die aansuiweringsbegrotingsproses

word in die finansiële rekords erken op die datum waarop die aansuiwerings in werking tree.

Onverwagte toegedeelde fondse word teruggestort in die Provinsiale Inkomstefonds. Enige bedrae wat

geskuld word aan die Provinsiale Inkomstefonds aan die einde van die finansiële jaar, word as betaalbaar

in die staat van finansiële posisie erken. Enige bedrag betaalbaar uit die Provinsiale Inkomstefonds aan

die einde van die finansiële jaar word as ontvangbaar in die staat van finansieële posisie erken.

86 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!