01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VERSLAG VAN DIE OUDITKOMITEE

Ons bied met genoeë ons verslag vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2012 geëindig het.

Ouditkomiteelede en -bywoning

Ingevolge Kabinetresolusie word die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning deur

die Ekonomiese Klusterouditkomitee bedien. Die Ouditkomitee bestaan uit die lede wat hieronder gelys

word en moet volgens die goedgekeurde verwysingsvoorwaardes 4 keer per jaar vergader. In die huidige

jaar is ses vergaderings gehou.

Naam van lid Aantal vergaderings bygewoon

Mnr. P Jones (Voorsitter tot 31 Desember 2011) 4

Mnr. Z Hoosain (Voorsitter vanaf 1 Januarie 2012) 6

Mnr. R Kingwill 6

Me. L Hassan (Bedank 11 November 2011) 3

Mnr. K Larkin 4

Mnr. B van Staaden (Aangestel 1 Januarie 2012) 1

Mnr. M Burton (Aangestel 1 Januarie 2012, Bedank 15 Maart 2012) 1

Verskonings is ingedien en aanvaar vir vergaderings wat nie bygewoon is nie. ‘n Kworum is by al die

vergaderigns bereik.

Die Ouditkomitee rapporteer dat daar aan die verantwoordelikhede volgens Artikel 38(1)(a) van die

WOFB en Tesourieregulasie 3.1 voldoen is. Die Ouditkomitee rapporteer ook dat dit toepaslike formele

verwysingsvoorwaardes as Ouditkomiteehandves aanvaar het en sake in ooreenkoms met hierdie

handves gereguleer het en al sy verantwoordelikhede soos daarin vervat, vervul het.

Die doeltreffendheid van Ondernemingswye-risikobestuur (ORB) en interne beheer

Ooreenkomstig die WOFB en die King III-verslag oor korporatiewe bestuursvereistes, gee Interne

Oudit die Ouditkomitee en Bestuur die versekering dat die interne beheermaatreëls voldoende en doeltreffend

is. Dit word bereik deur ‘n risikogebaseerde Interne Ouditplan, Interne Ouditassessering van

die toereikendheid van beheermaatreëls wat die risiko’s mitigeer en die Ouditkomitee wat die

implementering van korrektiewe aksie monitor.

Ons het die verslae van die Interne Ouditeure, die Ouditverslag van die Finansiële Jaarstate en die

Bestuursverslag van die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika nagegaan. Benewens die sake wat in die

Ouditeur-Generaal se Oudit- en Bestuursverslae weerspieël word en die kwessies wat hieronder uitgelig

word, is geen materiële tekorte in die stelsel van interne beheer opgelet nie.

• Areas vir verbetering uitgelig deur interne oudit

Sleutelbeheertekorte is deur Interne Oudit in die volgende areas opgemerk:

• Boottewaterlatingterrein-lisensiëring

Regstellende aksies is ooreengekom deur bestuur en word deur die Ouditkomitee gemonitor.

• Doeltreffendheid en effektiwiteit van risikobestuur

Gedurende die jaar is verdere vordering gemaak met die van stapel stuur van Ondernemingwyerisikobestuur

(ORB) en die belyning van die sleutelrisiko’s van die Departement . Die Ouditkomitee sal

verdere vordering op ‘n kwartaallikse basis monitor.

52 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!