01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.1.5 Oorsig van die organisatoriese omgewing vir 2011/12

Piet van Zyl is aangestel as die Hoof van die Departement met effek van 1 Januarie 2012 nadat die pos

beskikbaar geword het na die afsterwe van die vorige Hoof van die Departement, Rudi Ellis. Voor die

aanstelling van Mnr. Van Zyl, het Theo Gildenhuys (Hoofdirekteur: Bestuursondersteuning) as Hoof van

die Departement opgetree om te verseker dat daar kontinuïteit in dienslewering is.

Die implementering van die nuwe organisatoriese strukture wat gedurende die 2010/11 finansiële jaar

begin het, is aan die gang, en 307 befondsde poste is gevul en die oorblywende befondsde poste sal

gedurende die 2012/13 finansiële jaar gevul sal word. Akkommodasie is steeds die uitdagendste kwessie

en ten einde die onmiddelike behoefte aan te spreek, is ‘n infaseringsbenadering gevolg. Alhoewel die

bestaande akkommodasie herontwerp word om ruimte optimaal te benut, is bykomende ruimte nodig

om die goedgekeurde organisatoriese instelling te akkommodeer.

Die instelling van die Provinsiale Strategiese Doelwit 7 is deur die Ekonomiese Sektorkomitee

gekomplimenteer. Daar is egter kommer oor die onvermoë om die vordering ten opsigte van

uitkomsdoelwitte te meet en rapporteer. Gevolglik het die Ekonomiese Sektorkomitee versoek dat

die Departement die Komitee van SMART-uitkomsdoelwitte (spesifiek, meetbaar, bereikbaar,

realisties, tydgebonde) voorsien, tesame met aanwysers wat prestasie kan meet.

Die mid-termynoorsig by die Kabinetbosberaad in Februarie 2012 het nuwe insigte in die ontwerp van

die Provinsiale Strategiese Doelwit 7 (PSD7) se strategiese agenda wat in ag geneem is gelewer, nl.

die strategiese belang van volhoubaaraheid, energie en effektiewe hulpbrongebruik integraal tot die

PSD7-mandaat. ‘n Departementele aksieplan is opgetrek om die doelwitte, uitkomste, uitkomsmikpunte

en aanwysers te herdefinieer vir goedkeuring deur die Kabinet teen 2012.

2.1.6 Sleutelbeleidsontwikkelinge en wetgewingswysigings

• Wetgewing vir Landgebruikbeplanning

‘n Konsepwet op Landgebruikbeplanning is voltooi, geadverteer vir kommentaar en openbare

vergaderings is gehou by die distriksmunisipaliteite en in die Kaapse Metropool. Die Departement is

tans besig om die kommentaar wat ontvang is na te gaan. Die doel is om hierdie wetgewing teen

April 2013 bekend te maak.

Parallel met hierdie provinsiale proses, koördineer die Departement ook die provinsiale hersiening

van die Konsepwetsontwerp vir Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur wat deur die

Departement vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vir kommentaar in Februarie 2012

vrygestel is.

• Bekendmaking van die wysigings tot die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (Wet No. 107 van

1998), (NWOB) Omgewingsimpakassesseringregulasies (OIA)

Met die wysiging van die NWOB OIA-regulasies wat op 2 Augustus 2010 effektief was, het die

Departement gedurende 2011/2012 sy OIA-riglyne- en Inligtingsdokumentreeks bygewerk en 13

eksterne kapasiteitsbouwerkswinkels oor die gewysigde NWOB OIA-regulasies aangebied. Die

Departement het ook aktief deelgeneem aan die wethervormingsproses wat onderweg is om

verdere wysigings aan die NWOB OIA-regulasies en die Nasionale Wysigingswetsontwerp op

Omgewingsbestuur, 2011. In hierdie opsig is kommentaar gelewer aan die nasionale Departement

van Omgewingsake en die Departement was aktief betrokke gedurende die verskillende forums wat

deur die nasionale Departement gereël is.

• Wes-Kaapse wet op biosfeerreservate

Op 13 Desember 2011 het die Provinsiale Kabinet die Wes-Kaapse Wet op Biosfeerreservate 2011

(Wet No. 6 van 2011) goedgekeur. Die Departement is tans in die proses om Regulasies insake

Biosfeerreservate op te trek.

18 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!