01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Werknemerkoste word gekapitaliseer tot die koste van ‘n kapitaalprojek wanneer ’n werknemer meer as

50% van sy/haar tyd aan die projek bestee. Hierdie betalings maak deel uit van uitgawe vir kapitaalbates

in die staat van finansiële prestasie.

3.1.2 Sosiale bydraes

WES-KAAP: OMGEWINGSDIENSTE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

BEGROTINGSPOS 9

REKENKUNDIGE BELEIDE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2012

Werknemerbydraes tot post-werknemersvoordeleplanne met betrekking tot huidige werknemers word

in die staat van finansiële prestasie as koste hanteer wanneer finale magtiging vir betaling op die stelsel

in werking tree (teen nie later nie as 31 Maart van elke jaar).

Geen voorsiening word gemaak vir aftreevoordele in die finansiële state van die Departement nie. Enige

potensiële aanspreeklikheid word in die finansiële state van die Nasionale Inkomstefonds openbaar

gemaak en nie in die finansiële state van die werknemer se departement nie.

3.2 Goedere en dienste

Betalings wat deur die jaar vir goedere en/of dienste gemaak word, word as uitgawe in die staat van

finansiële prestasie erken wanneer finale magtiging vir betalings op die stelsel in werking tree (teen

nie later nie as 31 Maart van elke jaar). Die uitgawe word geklassifiseer as kapitaal as die goedere

en/of dienste vir ‘n kapitaalprojek verkry is of as die totale aankoopprys die kapitaliseringsdrumpel

(tans R5 000) oorskry. Alle ander uitgawes word as lopend geklassifiseer.

Huur betaal vir die gebruik van geboue of ander vaste strukture word as goedere en dienste geklassifiseer

en nie as huur van grond nie.

3.3 Rente en huur van grond

Rente en huur van grond word as uitgawe in die staat van finansiële prestasie erken wanneer finale

magtiging vir betalings op die stelsel in werking tree (teen nie later nie as 31 Maart van elke jaar). Hierdie

item sluit huur vir die gebruik van geboue of ander vaste strukture uit. As dit nie moontlik is om tussen

betaling vir die gebruik van grond en die vaste strukture daarop te onderskei nie, moet die hele bedrag

onder goedere en dienste aangeteken word.

3.4 Betaling vir finansiële bates

Skulde word afgeskryf wanneer as onverhaalbaar geïdentifiseer. Skulde afgeskryf is beperk tot die

bedrag van besparings en/of onderbesteding van toegedeelde fondse. Afskryf gebeur by jaareinde of

wanneer fondse beskikbaar is. Geen voorsiening word gemaak vir onverhaalbare bedrae nie, maar ‘n

raming word in die aantekeninge by openbaarmaking van die bedrae op die finansiële state ingesluit.

3.5 Oordragte en subsidies

Oordragte en subsidies word erken as ‘n uitgawe wanneer die finale magtiging vir die betaling op die

stelsel aangebring is (teen nie later nie as 31 Maart van elke jaar).

3.6 Ongemagtigde uitgawes

Wanneer bevestigde ongematigde uitgawes as ‘n bate in die staat van finansiële posisie erken word

totdat die uitgawes deur die toepaslike gesag erken word, dit van die verantwoordelike persoon verhaal

word of as onverhaalbaar afgeskryf word in die staat an finansiële prestasie.

Ongemagtigde uitgawe goedgekeur met befondsing word in die staat van finansiële prestasie ontken

wanneer die ongemagtigde uitgawes goedgekeur word en die verwante fondse ontvang word. Waar die

bedrag goedgekeur word sonder befondsing, word dit in die staat van finansiële prestasie op die datum

van goedkeuring as uitgawes erken.

88 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!