01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WES-KAAP: OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

BEGROTINGSPOS 9

VERSLAG VAN DIE REKENPLIGTIGE BEAMPTE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2012

• Wes-Kaapse Regering (WKR) 17de Konferensie van Partye (KVP17)-program

‘n Provinsiale Klimaatveranderingspitsberaad het op 20 September 2011 as deel van die KVP17-

program plaasgevind en is deur 300 belanghebbendes bygewoon. Die Spitsberaad het ten doel

die Wes-Kaap. Ander aktiwiteite het die volgende ingesluit:

- distrikvlak munisipale en gemeenskapspitsberade;

- ’n media-opleidingswerkswinkel;

- ’n interne bewustheidsveldtog

- die verspreiding van bewusmakingsmateriaal aan munisipaliteite; en

- ’n Wes-Kaapse Regering (WLR)-afvaardiging het die KVP17 bygewoon.

• Hernubare-energie-konferensie

Op 14 Maart 2012 het die GroenKaap-inisiatief, tesame met die Departemente van Ekonomiese

Ontwikkeling en Toerisme en Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning ‘n hernubare-energie-

konferensie aangebied.

• Geïntegreerde Kusbestuur-kapasiteitsbou

‘n Kusinduksie-opleidingskursus van twee dae is van 17-18 November 2011 deur die munisipale amptenare

en besluitnemers in Somerset-Wes aangebied. Deelnemers aan die kursus het gekom van Stad Kaapstad,

Matzikamma-munisipaliteit, Bergrivier-munisipaliteit en die Departement se George-distrikskantoor.

1.3 Groot projekte

• Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (PROR)

Die Provinsiale Ontwikkelingsraamwerk (PROR) is gewysig, want dit het elemente gehad wat

verouderd was. Die vyfjaarlikse PROR-hersieningsproses sal gedurende 2012 inisieer word. Twee

verwante projekte, die Groeipotensiaalstudie van Dorpe (Fase II) (GPS) en die Provinsiale Ruimtelike

Plan (PRP) is ook geïnisieer.

• Bioreservate Finansiële en Bestuursteun

Gedurende die 2011/12 finansiële jaar is steun aan die Kogelberg- en Kaapse Weskus-biosfeerreservate

verleen. Bykomend is administratiewe steun aan die Kaapse Wynlande- en Gouritz-klusterbiosfeer-

reservate verleen.

• Beboude-omgewing-steunprogram (BOSP)

Gedurende die 2011/2012 finansiële jaar is agt Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) GAP-analises

voltooi. Hierdie GAP-analises is vir die volgende munisipaliteite voltooi: Swartland, Matzikama,

Sederberg, Swellendam, Beaufort-Wes, Oudtshoorn, Kannaland en Langeberg. Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerke (ROR’e) is gefinaliseer vir Theewaterskloof, Kaap Agulhas en Hesequa-

munisipaliteite. Die oorblywende drie ROR’e, wat ook in hierdie finansiële jaar begin is, sal gedurende

die eerste kwartaal van die 2012/13 finansiële jaar voltooi word (Bitou-, Mosselbaai- en Breede

Vallei-munispaliteite).

• Ontwikkelingfasiliteringseenheid (OFE)

Gedurende 2011/12 het die OFE beide strategie en regulerende steun verwant tot beplanning en

omgewingsbestuur aan die Wes-Kaapse Munisipaliteite en Staatsdepartemente verleen en ook ek

sterne en interne kapasiteitsbou gefasiliteer. In totaal is 397 versoeke/kwessies hanteer ten opsigte

van die voorsiening van 100% advies en bystand met versoeke/kwessies. In totaal is 59 kapasiteits-

bouwerkswinkel gefasiliteer (26 interne werkswinkels en 33 eksterne werkswinkels).

56 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!