01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SUBPROGRAM 4.3: BESOEDELING- EN AFVALBESTUUR

Doel:

Om afvalbestuurdiense te lewer, afvalbestuuraktiwiteite te reguleer deur die administrasie van die

afvalbestuurlisensiëringsproses, asook die monitering van die nakoming van die gereguleerde afvalbestuurfasiliteite

en ontwikkeling en implementering van afvalinligtingstelsels en die bevordering van

afvalvermindering. Afvalbestuur slut die fasilitering, ontwikkeling en implementering van geïntegreerde

afvalbestuurplanne in, asook om oorsig en steun aan munisipaliteite te voorsien.

Besoedelingbestuur fokus op die voorkoming en mitigasie van besoedeling en die bevordering van geïntegreerde

besoedelingbestuur en veilige en verantwoordelike chemikalieë-bestuur deur die ontwikkeling

en implementering van beleidinstrumente, aksieplanne, inligtingbestuur en omgewingsrisikobestuur.

Strategiese Doelwit:

Om die volhoubare ontwikkelingsparadigma in omgewings- en ruimtelike beplanning en bestuur te

bevorder en kennis te neem van omgewingsverandering en ongelykhede aan te spreek.

Prestasieaanwysers en Mikputne:

Die aanwysers en mikpute word in die onderstaande tabel uiteengesit. Die sleutelprestasies vir die subprogram

is soos volg:

Sleutelprestasies:

Die Wes-Kaapse Volhoubare Waterbestuursplan vir die Provinsie is in konsultasie met die Projekbe-

stuurkomitee en Tegniese Komitee se verteenwoordigers van sleutel provinsiale Departement van die

Plaaslike Regering en Menslike Nedersettings, Landbou, en Vervoer en Openbare Werke, insluitend die

Bellville-streekskantoor van die nasionale Departement van Waterwese, ontwikkel. Hierdie komitee het die

identifisering van sleutelprioriteitsaktiwiteite in die plan, wat die volgende insluit, oorsien:

• Verbetering van opleiding en kapasiteitsbou.

• Vestiging van ‘n gesentraliseerde waterwerkgroep.

• Verbetering van waterbesparing en aanvraagbestuur in alle sektore.

• Ontwikkeling van rivierbestuur en instandhoudingsplanne.

• Ontwikkeling van ‘n gesentraliseerde omgewing en waterinligtingpoort.

• Insluit en koördinering van waterinligting en ekologiese integriteit in die bestaande beplanning-

en ontwikkelingsproses.

• Beïnvloed die dringende vestiging van Opvangsbestuuragentskappe (OBA) waar nodig in die Provinsie.

• Ontwikkel ‘n 1ste generasie Kwikemissie-inventaris vir die Wes-Kaap, gebaseer op die Verenigde

Nasionale Omgewingsprogram (VNOP) se instrumentstel wat die potensiële bronne van kwikemissie

na die Wes-Kaap identifiseer.

• Ontwikkel ‘n Kwikrisikobestuursplan vir die Provinsie om die geïdentifiseerde kwikrisiko’s aan te

spreek. Implementering van die Kwikrisikobestuursplan sal gedurende die nuwe finansiële jaar begin.

• Voorsien drie opleidingswerkswinkels aan die vervoersektor oor die rapportering van die Wet op

Omgewingsbestuur artikel 30 Noodinsidente. Die meerderheid van sulke insidente hou verband met

voertuigongelukke wat lei tot petrol en chemikalieë wat in die omgewing mors.

• Bied twee forums oor die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) artikel 30 saam met Munisi-

paliteite in die Wes-Kaap aan.

• Voltooi kartering van potensiële besoedelingspuntbronne in 5 prioriteitsriviermondings in die Provinsie,

as deel van die implementering van die Provinsiale Aksieprogram vir die vermindering van landgebaseerde

besoedeling in die mariene omgewing. Dit voorsien die grondwerk vir die bepaling van besoedelings-

bronne wanneer insidente voorkom en korrelering van watergehaltemoniteringsresultate. Tesame met

die inligting wat verkry word deur deel te neem aan Riviermonding-forumvergaderings in die Provinsie,

voorsien dit die basis om die terrein te bepaal waar rehabilitasie in een geprioritiseerde riviermonding

gedurende die volgende finansiële jaar gaan plaasvind.

38 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!