01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.1.8 Departementele besteding

Die Departement se begroting is met R2,728 miljoen tot R348,534 verminder tydens die Aansuiweringsbegroting.

Totale uitgawes vir die verslagtydperk was R348,467 miljoen of 99.98% van die toegedeelde

bedrag. Die netto onderbesteding is as gevolg van vakante poste in Program 4.

Ingesluit by die uitgawes is ‘n bedrag van R192,842 miljoen wat oorgedra is na die provinsiale bewarings-

staatsentiteit, die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad. Dit is gelykstaande aan 55,3% van die totale

uitgawes. Die netto totale uitgawes vir die Departement is dus R155,625 miljoen vir die 2011/12 finansiële jaar.

Gebaseer op hierdie herhaalde netto totale uitgawes van die Departement, is die bedrag ten opsigte

van Vergoeding van Werknemers R113,135 miljoen (72,7%), met Goedere en Dienste op R36,537 miljoen

gelykstaande aan 23.5%, kapitaaluitgawes op R5,093 miljoen gelykstaande aan 3.3% met ander oordragte

wat die balans van die uitgawes verteenwoordig.

2.1.9 Oordragbetalings

As provinsiale entiteit verantwoordelik vir bewaringsbestuur, het CapeNature die meerderheid van

die totale oordragbetalings van R192,842 miljoen of 99.6% ontvang. Die ander oordragte was na

Biosfeerreservate (Kogelberg-biosfeerreservaatmaatskappy – R181 569 en Cape West-biosfeerreservaatmaatskappy

– R300 000) en na munisipaliteite vir die Groenste Munispaliteit-kompetisie (R250 000).

Die balans was vir uitgawes ten opsigte van eise vir Beserings aan diens (R11 059), Verlofgeregtigheid

(R26 744) en betalings gemaak aan eksterne voltydse beurshouers (R84 764). Hierdie drie bedrae word

geklassifiseer as betalings na Huishoudings.

2.1.10 Openbare Entiteite

Een van die sleutelbeleidsprioriteite van die departement is om biodiversiteitsbeplanning-, bestuur- en

bewaring te verbeter.

Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad (WKNBR), wat handeldryf as CapeNature, is as ‘n bewaringsagentskap

gevestig ingevolge die Wet op die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad, 1988 (Wet No. 15

van 1998) en is as ‘n provinsiale openbare entiteit gevestig ingevolge die Wet op Openbare Finansiële

Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999). Die Wet op die Wes-Kaapse Natuurbewaring, 1998 is in die proses

om gewysig te word sodat dit die oorsigtelike rol van die Departement duidelik kan aandui; dit in lyn kan

bring met die Wet op Openbare Finansiële Bestuur; die organisasie ‘CapeNature’ kan hernoem om in lyn

te wees met sy handelsnaam en om tegniese wysigings aan te bring.

CapeNature neem aan verskeie provinsiale PSD-werkswinkelgroepe deel, insluitend die van volhoubare

hulpbronbestuur, klimaatveranderingaanpassing, grondgebruikbeplanning en groen ekonomie.

CapeNatue het ook beduidend bygedra tot die opstel van die Wes-Kaapse Biodiversiteitsbeleid wat

steeds onderweg is. Bykomend is CapeNature ‘n sleutelvennoot in die lewer van biodiversiteitskapasiteitwerkswinkels

wat deur die Departement vir amptenare, sowel as eksterne omgewingsassessering

professionele persone aangebied word.

Die sleutel sektorprestasieaanwysers wat CapeNature aan die Departement voorsien sluit in: die persentasie

van alle grond onder bewaring (beide privaat en publiek); die aantal hektaar onder bewaring

(insluitend biodiversiteit); die aantal hektaar grond wat skoongemaak is van indringerplante in die provinsie;

en die aantal provinsiaalbeskermde gebiede met goedgekeurde geïntegreerde bestuursplanne. In die

vorige finansiële jaar het CapeNature 29 rentmeesterskapoudits en 12 nuwe rentmeesterskapterreine

is geteken (nl. dit bring ‘n potentiële addisionele 5 038.9 hektaar privaat land na die provinsiaal-

beskermde-netwerk).

Ten opsigte van die bewaring van vleilande is ‘n bestuursplan vir Verlorenvlei RAMSR ontwikkel en aan

die nasionale Departement van Omgewingsake voorgelê vir prosessering. Dit is bereik met fondse wat

deur die nasionale Departement van Omgewingsake (See en Kus) voorsien is. Aanvanklike skoonmaak

van grond van alle indringerplante het 24 694 hektaar behels teenoor die beplande 23 028 en 395 hektaar

het opvolgskoonmaak ondergaan teenoor die 82749 soos beplan.

20 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!