01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1.7 REKENPLIGTIGE BEAMPTE SE VERKLARING

Ek herhaal die sentimente van die Provinsiale Minister dat die strategiese oogmerk vir die tydperk onder

beskouing as toerekenbaarheid aan die burgers van ons Provinsie beskou kan word. Dit is ‘n motiverende

faktor vir ons span dat ons die omgewings- en beplanningswetgewing met deursigtigheid en in die belang

van die burgers bestuur. Ons Departement bestuur wegtewing wat ingeligte besluitneming vereis

om te verseker dat die ingewikkelde balans van volhoubare ekonomiese groei behou word sonder om die

natuurlike omgewing in gevaar te stel.

‘n Bedrag van R351, 262 miljoen is toegeken aan die Departement in die hoofbegroting vir die 2011/12

finansiële jaar. Gedurende die Wysigingsbegroting het dit met R2,728 miljoen verminder en die finale

begroting op R348,534 miljoen gebring. Die totale besteding vir die 2011/12 finansiële jaar het R348,467

miljoen beloop wat 99.98% van die totale begroting beloop. Die onbestede fondse tot die bedrag van

R67,000 as gevolg van vakante posste, is in die Provinsiale Inkomstefonds teruggestort.

Daar is ‘n reeks uitdagings vir ons Departement, maar soveel as wat ons konteks ons uitdaag, het ons

meetbare uitkomste gelewer. Gedurende die 2011/12 finansiële jaar, is agt Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk-GAP-analises

voltooi. Hierdie GAP-analises is vir die volgende munisipaliteite voltooi: Swartland,

Matzikama, Sederberg, Swellendam, Beaufort -Wes, Oudtshoorn, Kannaland en Langeberg. Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerke is vir Theewaterskloof, Kaap Agulhas- en Hessequa-munisipaliteite gefinaliseer.

Die oorblywende drie Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke, wat ook in hierdie finansiële jaar gedeel is, sal

gedurende die eerste kwartaal van die 2012/13 finansiële jaar voltooi word (Bitou-, Mosselbaai- en Breede

Vallei-munisipaliteite).

Gedurende 2011/12 het die Ontwikkelingsfasiliteringseenheid beide strategiese en regulerende on-

dersteuning verwant tot beplanning en omgewingsbestuur aan Wes-Kaapse munisipaliteite en

staatsdepartemente gebied, en het ook eksterne en interne kapasiteitsbou gefasiliteer. In totaal is 397

versoeke/kwessies hanteer. In 100% van hierdie gevalle is advies en hulpverlening met die versoeke/

kwessies verskaf. 59 kapasiteitsbouwerkswinkels is in totaal gefasiliteer (26 interne werkswinkels en 33

eksterne werkswinkels).

Ons Jaarverslag weerspieël die lewer van doelwitte waartoe verbind is gedurende die beplanningstydperk.

Ons vermoë om beter as ‘n span saam te werk met alle sfere van die regering en belanghebbendes

om te verseker dat ons die natuurlike omgewing vir die toekomstige generasies beskerm, was sentraal

tot die lewer van hierdie doelwitte.

HOOF VAN DIE DEPARTEMENT

OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

MNR. P. VAN ZYL

12 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!