01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Doel:

PROGRAM 3: NAKOMING EN TOEPASSING

Om te verseker dat stelsels vir omgewingsnakomingsmonitering gevestig en implementeer word

waardeur omgewingswetgewing en magtigings toegepas word; regsondersteuningsdienste word aan

die Departement voorsien; artikel 24G-toepassings word geprosesseer en bestuur; en beroepe ten

opsigte van omgewingswetgewing word geprosesseer en bestuur.

Strategiese Doelwit:

Om geïntegreerde en holistiese omgewingsbestuur te voorsien ten einde die kwaliteit lewe van almal in

die Wes-Kaap te verbeter.

Prestasieaanwysers en Mikpunte:

Die aanwysers en mikpunte word in die onderstaande tabel uiteengesit. Die opgesomde sleutelprestasies

van die program is soos volg:

Sleutelprestasies:

Die program onderneem ‘n proses van kriminele ondersoeke van omgewingsmisdade, bykomend tot

aministratiewe toepassing. Kriminele ondersoeke sal uitgevoer word in samewerking met die SAPD en

Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in ernstige oortredings. Die Wes-Kaapse Forum vir Omgewings-

misdaad is aangepas om die SAPD en NVG in te sluit om aan die vereistes van effektiewe en

doeltreffende kriminele ondersoeke te voldoen. Die Forum bestaan uit Omgewingbestuursinspekteure

van die subprogramme, verteenwoordigers van die SAPD, NVG, DWW, DLBV, SANParks en CapeNature.

Die NVG het knooppuntaanklaers by verskeie magistraatshowe in die Provinsie aangestel wat voorkeur

sal gee aan die vervolging van omgewingsmisdade. Operasionele kwessies aangaande die rapportering,

ondersoek en vervolging van omgewingsmisdad word by Forumvergaderings koördineer en bespreek.

Tans word nege kriminele sake ondersoek en sal na 2012/13 oorgedra word.

Prestasies:

• 100% van 244 klagtes van die publiek/burgergemeenskap en verwysings van staatsliggame is

ondersoek, wat gelei het tot die beskerming van die omgewing.

• Vier vergaderings van die Wes-Kaapse Forum vir Omgewingsmisdaad is aangebied en het gelei tot

verbeterde kriminele toepassing van omgewingsoortredings en interregering-samewerking.

• ’n Gemiddeld van sewe nakomingsinspeksies per toepassingsbeampte is uitgevoer om nakoming van

skriftelike kennisgewings te verseker.

• Ses-en-sewentig gesamentlike inspeksies/ondersoeke en interregeringoperasies is uitgevoer wat

gelei het tot verbeterde beskerming van die omgewing.

• As gevolg van ‘n toename in versoeke is 14 interne/eksterne kapasiteitsbouwerkswinkels aangebied

wat die kapasiteit van beamptes en burgergemeenskap om die omgewing te beskerm vergroot het.

• Op 182 versoeke vir regsbystand reageer wat gelei het tot kostebesparings vir die Departement, want

minder regsadvies is van private regspraktisyns verkry.

• 99 artikel 24G-aansoeke, waarvan die meerderheid agterstandaansoeke is, gefinaliseer en sodoende

die doeltreffendheid van die Departement verbeter.

• 42 artikel 24G administratiewe boetes uitgereik wat as ‘n bron van inkomste vir die Wes-Kaapse

Regering gedien het.

• 100% rapporterings van alarms is op gereageer (18 ontvang; 17 op gereageer; 1 is bepaal as ‘n

Noodinsident).

• 87% Noodinsidentrapporterings is op gereageer (12 gevalle ontvang; 27 gevalle op gereageer).

32 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!