01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die afgelope finansiële jaar 2011/12 is gekenmerk deur die groter behoefte om die benadering tot die

implementering van projekte wat bydra tot die departementele doelwit om volhoubare ontwikkeling van

omgewingsverwante kwessies te bevorder, te hersien. Dit het die noodsaaklikheid van nuwe strategiese

denke en benadering aangespoor wat dit vir die Departement sal moontlik maak om nie net interne

belanghebbendes se bydrae tot die bereik van strategiese doelwitte te gebruik nie, maar ook eksterne

belanghebbendes s’n.

As deel van die nuwe strategiese denke en benadering binne die Wes-Kaapse Regering, het die

Departement die Leweringsooreenkoms vir die Nasionale Uitkoms 10 (NU10) hersien en is as die enigste

provinsie beskou wat tot die nasionale verfyning belyn het. Die ooreenkoms het nuwe doelwitte soos

“Groen Ekonomie” ingesluit wat van verskillende provinsiale departemente sal verwag om by te dra

tot verslaglewering op werklike prestasie. Die noodsaaklikheid om die Provinsiale Strategiese Doelwit 7

(PSD7) se uitkomste, aanwysers en doelwitte te hersien is geïnisieer ten einde areas te identifiseer om ‘n

omgewing vir alle belanghebbendes te skep om by te dra tot die geïdentifiseerde PSD7-fokusarea.

Die kapasiteitsbou, bewustheidsveldtogte, kompetisies en openbare deelname op alle fokusgebiede in lyn

met die Departementele strategiese doelwitte is met die publiek uitgevoer, soos biodiversiteit-kapasiteitbouintervensies,

klimaatverandering-mini-spitsberaad met munisipaliteite en gemeenskappe, volhoubare

leefstyl-werkswinkels oor gedragleefstyle, kusskoonmaakgeleenthede, marieneweekfeesvieringe

wat gemarginaliseerde en verarmde kusgemeenskapskole geteiken het, kusinduksieopleidingskursus

vir munisipale besluitnemers en staatsliggame om hulle in staat te stel om hul onderskeie

wetgewingsmandate uit te voer en hulle aan te moedig om goeie bestuurs- en kusbestuurspraktyke

toe te pas. Afvalbestuur in opvoedkundige opleidingswerkswinkels is gehou, asook omgewingsbewustheidsgeleenthede

wat Wêreldomgewingdag, Habitatdag, Boomplantdag en Wêreldvleigebiede-dag vier.

Die Eenheid vir Ontwikkelingsfasilitering het beide strategiese en regulerende ondersteuning verwant

tot beplanning en omgewingsbestuur aan die munisipaliteite en departemente in die Wes-Kaap gebied,

sowel as eksterne en interne kapasiteitsbouwerkswinkels gefasiliteer.

Viremente en hernuwings

Die oorspronklike begroting van die Departement vir die finansiële jaar was R351,262 miljoen.

Hierdie bedrag is met R2,728 miljoen verminder gedurende die wysigingsbegroting tot ‘n totaal van

R348,534 miljoen. Hierdie wysigings sluit in die addisionele befondsing van R182 000 vir die verlenging

van die Werknemersbystandprogram, R250 000 vir die 17de Verenigde Nasies Raamwerkkonvensie oor

Klimaatveranderingkonferensie van Party-aktiwiteite en ‘n vermindering van fondse van R3,160 miljoen

soos hertoegewys deur die Provinsiale Tesourie.

Aan die einde van die finansiële jaar het die finale besteding R348,467 beloop, wat gelykstaande is aan

99,98% toegedeelde fondse. Goedgekeurde viremente is toegepas deur die verskuiwing van fondse van

programme 2 en 4.

Ontwikkelinge wat op die departement se dienslewering geïmpakteer het

Die Departement is in die proses om wetgewing wat konsultasie met die Regsdienseenheid in die Wes-

Kaapse Regering vereis, te ontwikkel. Die konsultasie met die Regsdienseenheid het bygedra tot die finalisering

van die wette en regulasies, byvoorbeeld die Wes-Kaapse Regulasies insake Gesondheidsorgrisiko-afval.

Beduidende prestasies in die bereik van nasionale uitkoms 10 diensleweringsooreenkomsuitsette

Die implementering van die Leweringsooreenkoms soos onderteken tussen die Nasionale Minister van

Water en Omgewingsake en die Provinsiale Departement van die Plaaslike Regering, Omgewingsake en

Ontwikkelingsbeplanning is op ‘n kwartaallikse basis gerapporteer, en met die prestasies soos uitgelig

hieronder wys dit die belyning wat gevestig is in die Prestasie-jaarplan om te verseker dat die Departement

resultate lewer op die projekte wat tot die NU10 verbind, en dit is as volg:

16 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!