01.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

Jaarverslag 2011/12 - Western Cape Department of Environmental ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SUBPROGRAM 6.2: OMGEWINGSKOMMUNIKASIE EN -BEWUSMAKING

Doel:

Om die algemene publiek te bemagtig ten opsigte van omgewingsbestuur deur openbare bewusmaking

en om bewustheid en nakoming van omgewingswetgewing en omgewingsgerigte praktyke te bevorder.

Strategiese doelwit:

Om omgewingsbewustheid, jeug- en gemeenskapsontwikkeling te bevorder om progressiewe realisering

van omgewingsregte te verbeter.

Prestasieaanwysers en mikpunte:

Die aanwysers en mikpunte word in die onderstaande tabel uiteengesit. Die sleutelprestasies vir die

subprogram is soos volg:

Sleutelprestasies:

• Vier omgewingbewustheidsgeleenthede naamlik Wêreldomgewingsdag, Boomplantdag, Habitatdag

en Wêreldvleilanddag is gefasiliteer. Hierdie vieringe het Stad Kaapstad, Theewaterskloof -munisipaliteit,

Swartland-munisipaliteit, Eden-distriksmunisipaliteit en Kaap Agulhas-distriksmunisipaliteit ingesluit.

• Een Groenste Munisipaliteit-kompetiesie is aangebied. Die Groen Munisipaliteit-kompetiese is tussen

April 2011 en September 2011 aangebied en die toekenningseremonie is in Oktober 2011 by die

Departement aangebied. Die wenners van die 2011/12 Groenste Munisipaliteit-kompetisie was

Drakenstein-munisipaliteit in die 1ste plek, George-munisipaliteit in die 2de plek en Witzenberg

Munisipaliteit in die 3de plek en Eden-distriksmunisipaliteit het erkenning ontvang met ‘n spesiale

toekenning as die rolmodel vir plaaslike en distrikondersteuning.

• Kapasiteitsbouwerkswinkels vir volhoubare lewe is gehou in: Grabouw, Bredasdorp, Philippi,

Khayelitsha, Macassar en Nyanga. Bykomend het die Direktoraat: Volhoubaarheid in Augustus 2011

aan die Loopbaanuitstalling by die Kaapse Skiereiland Universiteit deelgeneem en in Desember 2011

die CapeNature Onderwyserswerkswinkel.

• 2Precious2Pollute-brosjure oor luggehaltevoordele van eko-bestuur is ontwikkel en versprei.

• Ses bewusmakingmateriaal oor hulpbrondoeltreffendheid en besoedelingvoorkoming is in die

2Precious2Pollute –program gemaak. Een DVD en vyf feitskrifte oor kwikbestuur is ontwikkel.

• Kantoor- en terreinevaluasies vir afvalbestuur uitgevoer by alle munisipaliteite in die provinsie wat die

Groenste Munisipaliteit-kompetisie voed.

• Drie kwartaallikse 2Wise2Waste Departementele Kampioene-vergaderings aangebied met verteen-

woordigers van alle Departement in die Wes-Kaapse Regering om verslag te lewer oor vordering van

die van stapel stuur van die hulpbrondoeltreffendheidsprogram en om enige uitdagings aan te spreek.

‘n Suksesvolle hulpbrondoeltreffendheid-uitstalling vir werknemers in die Wes-Kaapse Regering is in

November 2011 aangebied.

• Vier Geïntegreerde Kusbestuur-kapasiteitsbougeleenthede is aangebied. Kusskoonmaakgeleenthede

is in September 2011 gehou en gekoördineer in samewerking met die Stad Kaapstad. Dit is in Oktober

2011 gevolg deur die Marieneweek-vieringe wat gemarginaliseerde en verarmde kusgemeenskapskole

in die Overberg-, Eden- en die Weskusdistrikte geteiken het. ‘n Kusinduksie-opleidingskursus is in

November 2011 vir munisipale besluitnemers en staatsliggame van stapel gestuur om aan hulle

kapasiteit te verleen in hul onderskeie wetgewingsmandate en hulle aan te moedig om goeie bestuur

en kusbestuurpraktyke toe te pas.

46 Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning - Jaarverslag 2011/12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!