Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
104

verskillende gebiede met „spikkel-" gevorm word (waar die

betekenis van „spikkel-" dan is: „geteken met spikkeltjies of

kolletjies"). 2 Dr. Snijman noem bv. spikkelkapel ('n slangsoort

met spikkels), spikkelkoekoek (met spikkels op vlerke

en stert) as soortgelyke samestellinge; hy meen dat boere wat

met beesrasse of baster-beesrasse te doen het wat dergelike

„tekeninge" toon, gewoon van „spikkelbeeste" of ,,spikkel

praat.

Die samestelling „spikkelbeeste" kom daarnaas voor in 'n

Afrikaanse roman van H. J. Vermaas (Gekrenkte Trots, p.

117) waar die gebruik 'n mens laat aarsel of daar enige

besondere waarde aan hierdie beeste toegeken word of nie.

Die samestelling word naamlik in 'n dialoog tussen 'n blanke

en 'n Swazi gebruik, maar dan binne die vlak van die Swazi

se taalgebruik, soos die betrokke passasie uitdruklik sê:

„En waarom jag die leeu so ver van die trop?" vra Koos

hom lakoniek en sonder die minste sweem van agterdog, in

die kleurryke segswyse so eie aan die Swazi's se taal.

„Die jong leeu dors na die waters waar die gespikkelde

beeste van sy stam kan wei," antwoord die jong terwyl hy

hurk en op sy asgaai bly leun.

„Maar as die spikkelbeeste dors het, waarom loop hul

wagters vooruit in krygsmondering?" vra Koos, en hy beskou

die Swazi aandagtig.

— Die titel van die gedig en die gedig self, waarin van

'n koei as 'n begeerlike, as 'n waardevolle objek sprake is,

laat ons egter vermoed dat dit na 'n sprokie binne 'n kultuurpatroon

sou kon uitwys waarin 'n koei (beeste!) meer dan die

gewone „ekonomiese" waarde het wat, sê, die Afrikaanse

boer daaraan heg. I. Schapera en A. J. H. Goodwin skryf

die volgende in verband met die norme wat die Bantoe het

vir 'n waardevolle bees: „The Bantu languages abound in

terms minutely differentiating cattle according to sex, age,

colour, and shape of horns, and reflecting the intense interest

2 Hierdie gegewens is van dr. Snijman verkry in 'n brief gedateer

1 Julie 1955.

-koeie" sal