01.08.2013 Views

Mpande's - University of Zululand Institutional Repository

Mpande's - University of Zululand Institutional Repository

Mpande's - University of Zululand Institutional Repository

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

-22-

drosters en hulle vee na KwaZulu terug te stuur. Die Britse owerheid het

Mpande se versoek gei"gnoreer, asook die Voortrekkers se versoek om die

Zulu drosters in lokasies te vestig. Daarna het Mpande die Voortrekkers

wat nognie Natal verlaat het nie, genader om hulp. Hulle het

ooreengekom dat die drosters vir hulle probleme veroorsaak. In 1840

was daar slegs ongeveer 2 000 - 3 000 Zulu drosters in Natal, maar teen

1843 het hulle toegeneem tot nie minder nie as 50 000 vlugtelinge. Die

Zulu koning het ontken dat hy die gebied tussen die Thukela en

Mzinyathi (Buffels) rivier aan die Britse owerheid afgestaan het.

Mpande wou 'n gematigde en meer vreedsame dip10matieke beleid

havolg. Hy het die Voortrekkers verwelkom as 'n buffer tussen sy

koninkryk en die Britse owerheid. Om die grens tussen die Voortrekkers

en die Zulus te bepaai, het Mpande 'n paar van sy hoofmanne na die

Voortrekkers gestuur. Daar is besluit dat die hele gebied tot by die

Mzinyathirivier deur die Voortrekkers beset sou word. Die Britse

Luitenant-Goewemeur, Benjamin Pine, het egter Mpande as 'n monarg

met dubbele agenda beskou. Hy het geglo dat Mpande sy eie saak

bevorder het deur verdeelheid tussen die Voortrekkers en die Britse

owerheid te veroorsaak. Mpande wou ndefensiewe militere ooreenkoms

met die Voortrekkers sluit. Dit is aangemoedig deur Zulu vlugtelinge in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!