06.05.2013 Views

Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan Ministries

Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan Ministries

Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DIE SAKRAMENT VAN VERSOENING

’N KORT GESKIEDENIS

1. NUWE TESTAMENTIESE TYE

Jesus het die siekes genees om te wys dat Hy sondes kan vergewe: Matt. 9:1-8.

Hy het dieselfde taak gegee aan die leiers van die Kerk: Joh. 20:22.

Die Nuwe Testament beskryf die Kerk as ‘n gemeenskap wat deur die Gees gevorm is.

Sy taak is om te lewe, fees te vier en die genesing en vergewende liefde van God te

verkondig.

Doop is gesien as die hoof sakrament van vergifnis. Tydens die doop draai ons weg van

sonde na Christus toe. Belydenis was daar, maar belydenis soos ons dit nou ken, het eers

later ontwikkel.

2. VANAF DIE 3DE EEU

Volwassenes wat gedoop wou word, moes tot twee jaar spandeer ter voorbereiding, en is

Katkisante genoem. Die algemene siening van die tyd was dat niemand daarvan sou droom

om weer sonde te doen nadat hulle Christus aangeneem het nie, dus is Belydenis nie so

beklemtoon nie. ‘n Berouvolle persoon moes na die biskop gaan, vra om by die groep

berouvolles aan te sluit en dan ‘n openbare berouvolle lewenswyse leef, bv., ‘n man moes

apart lewe van sy vrou, sy openbare amp prysgee, bedel vir sy kos, ens. Een maal ‘n jaar,

op Heilige Donderdag, het die Biskop ‘n spesiale diens gehou om die berouvolles terug te

verwelkom in die gemeenskap. Hierdie boetedoening en vergifnis kon slegs een keer in ‘n

persoon se leeftyd plaasvind. Baie priesters het mense aangeraai om dit uit te stel totdat

hulle baie na aan hul sterfbed was! Daar is slegs na die Biskop gegaan vir erge, openbare

sonde.

DIE 6DE EEU

Veranderinge het nou begin plaasvind in Ierland. Op ander plekke het die kerk rondom die

biskop ontwikkel. In Ierland het dit gefokus op die kloosters en hul kloostervoogde.

Die monnike het belydenis toe gegaan na hul kloostervoog, baie soos daar vandag na die

priester gegaan word. Dit was wat betref private sonde; die boetedoening was privaat en

die versoening ook. Die plaaslike mense was gretig om dieselfde as die monnike te doen,

dus het hierdie private vorm van die Sakrament gegroei.

Om seker te maak dat dit regverdig was, het die amptenare ‘n boek ontwikkel met

vasgestelde boetedoenings vir elke soort sonde. Oor die volgende 200 jaar het hierdie vorm

van Belydenis vinnig versprei. Die priester se werk was om die regte boetedoening te gee –

en om die sondaar terug te verwelkom in die gemeenskap, is nie langer beklemtoon nie.

Om nou “boete te doen” is gesien as heilig – die ware teken van ‘n Christen. In Rome en

elders het die meer tradisionele patroon voortgeleef.

DIE 9DE EEU

‘n Ongemaklike kompromie het stadig ontwikkel – openbare sonde het openbare belydenis

en versoening vereis, terwyl private sonde private belydenis, boetedoening en vergifnis

gevra het. Met die tyd het die private vorm van die sakrament in gebruik gekom vir alle

soorte sonde en die nadruk was op die belydenis van sonde i.p.v. die viering van versoening

of boetedoening.

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!