26.10.2014 Views

Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards

Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards

Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

hulleself en mekaar te bluf en voor te gee dat hulle agape vir mekaar het as dit

nie werklik die geval is nie. Dit kan slegs die begin tot groter ellende wees.

5.4.5.3.2.4 Glo dat verandering kan plaasvind

Waar in opregtheid skuld bely en vergifnis geskenk is, moet die betrokkenes ook

glo dat feitelike verandering kan plaasvind – en wel op grond van die

versoeningshandelinge van Jesus Christus. Dit is geen geloof in die krag van die

mens nie, maar geloof in God wat mense verander. Daar is geloof nodig in die

krag van die Heilige Gees wat ‟n verkeerde struktuur waarin twee mense gelewe

het, kan vernuwe om ‟n struktuur te word waarin volgens die wil van God gelewe

word. Op die wyse ken die betrokkenes wedersyds aan mekaar die

verantwoordelikheid toe om as nuwe mense te lewe (Heyns, 1986:112;

Steensma, 1995:296).

Toegepas op ‟n saamwoonverhouding beteken dit dat die twee moet glo dat God

hulle sonde vergewe het, dat Hy in antwoord op hulle gebed ook aan hulle

wedersydse agape sal gee en sy seën op hulle huweliksluiting en huwelikslewe

daarna sal laat rus. Dit is immers die struktuur waarin God wil hê dat hulle moet

wees.

5.4.5.3.2.5 Lewe in die nuwe situasie

Nie slegs die versoening nie maar die Versoener self laat die mens opstaan uit

die sonde, hef sy lewe op van een vlak na ‟n ander en skakel hom oor op ‟n

ander lewenstrajek. Om uit die versoening te lewe beteken om te lewe uit die

vernuwing wat Christus gebring het (Heyns, 1986:112; Steensma, 1995:296).

Konkreet beteken dit vir mense wat voorheen saamgewoon het, dat hulle

voortaan binne die wettige huwelik as man en vrou op so ‟n wyse moet lewe dat

hulle huwelik ‟n afbeelding is van die verhouding tussen Christus en sy kerk.

132

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!