Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
is. Du Toit (1996:74) bevestig dit as sy sê dat die postmoderne seksuele etos die

seksuele baie breed sien.

In „n sekere sin is dit heeltemal verstaanbaar omdat, volgens Goudzwaard

(1998:6, 7, 9) die “diep gees van onverantwoordelikheid in die Postmodernisme”

tot gevolg het dat liefde en seksualiteit van mekaar losgemaak word. Dit het

daartoe gelei dat seksualiteit „n doel op homself geword het en dat die liefde nie

meer gesien word as “die antwoordkant van seksualiteit” nie (Goudzwaard,

1998:7). Daarom is dit heeltemal te verstane dat Loughlin (2004:218,219) die

stelling kan maak: “Promiscuity … is the logic of postmodernity.”

Hierdie beskouing word versterk deur sekere teoloë wat kritiek op die tradisionele

beskouing het. Hier kan byvoorbeeld verwys word na Barnard (2000) se boek:

“Dis tyd dat Christene anders dink en praat oor seks.” In hierdie skrywe bied hy

„n postmodernistiese beskouing van seks aan. Barnard (2000:voorwoord) haal

ook Christina Landman in „n postmodernistiese konteks aan en skryf: “Die kerk

kan nie meer voorskryf wat goed en sleg is nie.”

Dat die postmodernistiese lewensbeskouing die saamwoonproblematiek

vergroot, blyk dan ook uit die volgende stellings:

“Dit is hoogs problematies om „n sterk teologiese punt daarvoor uit te maak

dat seks alleen binne die ruimte van die huwelik uitgeleef kan word en kan

gedy” (Barnard, 2000:36).

“In die vroeë sewentigerjare het selfs die “konserwatiewe” Suid-Afrika kennis

geneem van die gebruik van die “proefhuwelik”. Vandag noem ons dit

“saambly” en frons ons nie eens meer veel daaroor nie. Die aksent het

verskuif – die huwelik word deesdae bevraagteken” (Barnard, 2000:46).

55