Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Saamwoon voor die huwelik - AH Bogaards
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
(Pretorius, 1977:55). Aangesien die prys soms redelik hoog is en die man dit nie

dadelik ten volle kan betaal nie, lei dit daartoe dat die man en vrou dan

saamwoon voor die huwelik (Pretorius, 1977:99). Die vraag word meer kompleks

wanneer daar gevra word of so „n inheemse huwelik „n wettige huwelik is.

Daaroor word veral in die regswêreld geworstel. Dlamini (1989:408) skryf juis dat

“for a customary marriage, although recognized as such, is not regarded by the

courts of the land as a legal marriage.” Hy (Dlamini, 1989:409) vind dit ook

problematies dat die inheemse huwelike moet kompeteer met wettige huwelike.

Dlamini (1989:409) skryf dat “the courts have wrongly evaluated a customary

marriage in terms of a civil marriage, and have superimposed white values on the

black community. When lobolo is attached to a civil marriage it presents

problems”. Op sigself bring die lobolo-praktyk heelwat vraagstukke na vore (vgl.

Labuschagne, 1991a:844). Veral uit regsoogpunt veroorsaak die inheemse

huwelike, praktyke en gebruike groot krisisse. 3

Labuschagne (1991b:542 e.v.) toon duidelik die ontwikkeling aan van die

betekenis van lobolo sedert die vroegste tye tot vandag. Hy (Labuschagne,

1991b:548) wys ook op verskillende funksies wat die lobolo-sisteem met

betrekking tot die huwelik het. Maar dan sê hy ook: “Inligting dui daarop dat

lobolo hedendaags „n oordrewe ekonomiese kleur aangeneem het. Die bedrae

wat as lobolo gevra word, is so groot dat die man „n geruime tyd neem om dit

bymekaar te maak. Dit vertraag huweliksluiting en bevorder saamwoon

buite huweliksverband” (my kursivering – JGN) (Labuschagne, 1991b:550).

Deur wetgewing (Suid-Afrika, 2004) is gepoog om die saak rondom inheemse

huwelike aan te spreek. Hierdie wet “gives recognition to customary marriages,

3 Uit regsoogpunt gesien is die doktorale proefskrif van T. Schwellnus (1994) van uiterste belang.

Haar studie het as titel “The Legal Implications of Cohabitation in South Africa – a Comparatvie

Approach” waarin sy aandag gee aan die regsimplikasies vir „n saamwoonverhouding in Suid-

Afrika. Sy wys duidelik uit (1994:236) dat Suid-Afrika geen wetgewing het wat gerig is op

saamwoonverhoudings nie. Sy vergelyk die regsimplikasies met dié van Nederland, Swede en

Engeland en gee riglyne vir toekomstige Suid-Afrikaanse wetgewing in die verband.

6