04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

5. Dit was algemeen in die profetiese boeke (vgl. Jes. 1:2; 63:8; Israel as seun, God as Vader, 63:16; 64:8; Jer. 3:4,

19; 31:9).

Jesus het Aramees gepraat, wat beteken dat die gebruik van die Griekse Pater op baie plekke waar ‘Vader’ voorkom,

moontlik die Aramese Abba mag weerspieël (vgl. 14:36). Hierdie familiale aanspreekwyse (‘Pappa’) toon Jesus se intieme

verhouding met die Vader. Die feit dat hy dit so duidelik ten toon stel vir sy volgelinge, dien ook as aansporing om ons eie

intieme verhouding met die Vader te smee. Die term ‘Vader’ word slegs in die OT gebruik om na JHWH te verwys, maar

Jesus het dit deurgaans en dikwels gebruik. Dit is ’n belangrike openbaring oor ons nuwe verhouding met God in Christus.

◙ “wat Hom uit die dode opgewek het” Paulus beklemtoon dat dit God die Vader was wat Jesus uit die dood opgewek

het. Dit was beide die Vader en die Seun wat hom die evangelie gegee het. Paulus was moontlik besig om te sê dat hy

geroep is deur die Opgestane Heer terwyl die twaalf in Jerusalem geroep is deur die steeds menslike Here, hoewel dit

moontlik te veel in die frase inlees.

In die meeste passasies is dit God die Vader wat Jesus uit die dood opwek en daardeur die goddelike stempel van

goedkeuring op sy prediking plaas (vgl. II Kor. 4:14; Han. 2:24; 3:15; 10:40; Rom. 6:4; I Pet. 1:21). In Rom. 8:17 is dit

God die Gees wat Jesus uit die dood opwek. In Johannes 10:17-18 voer God die Seun egter aan dat Hy sy eie lewe afgelê

en weer opgeneem het. Dit toon die aaneenlopendheid tussen die werk van die persone van die Triniteit.

VIR SPESIALE AANDAG: DIE OPSTANDING

A. Bewyse van die opstanding

1. Vyftig dae later met Pinkster het die opstanding die hoofsaak van Petrus se prediking geword (vgl. Han.

2). Duisende wat in hierdie gebied gewoon het, het dit geglo.

2. Die lewens van sy dissipels het plotseling ‘n ommeswaai gesien; van verslaenheid (hulle het nie die

opstanding verwag nie) tot ‘n onbeskroomdheid wat op oortuiging berus wat selfs vir martelaarskap nie

teruggestaan het nie.

B. Wat die opstanding duidelik uitwys is

1. dat Jesus inderdaad was Wie Hy van getuig het (vgl. Mat. 12:38-40 − voorspelling van die Messias se

dood en opstanding);

2. dat die lewe van Jesus, sy leringe en sy plaasvervangende dood, God se goedkeuring wegdra (vgl. Rom.

4:25); en

3. dat ‘n liggaamlike opstanding aan alle Christene beloof word (vgl. I Kor. 15).

C. Aanduidings van Jesus dat Hy sou opstaan:

1. Mat. 12:38-40; 16:21; 17:9,22,23; 20:18-19; 26:32; 27:63

2. Mark. 8:31; 9:1-10,31; 14:28,58

3. Luk. 9:22-27

4. Joh. 2:19-22; 12:34; hoofstukke 14-16

D. Verdere studie:

1. Evidence that Demands a Verdict deur Josh McDowell

2. Who Moved the Stone? deur Frank Morrison

3. The Zondervan Pictorial Encyclopedia of the Bible, s.v. “Resurrection”, “Resurrection of Jesus Christ”

4. Systematic Theology deur L. Berkhof, bl. 346, 720.

1:2 “en al die broeders wat by my is” Ongelukkig vir moderne Bybelstudente het Paulus nie sy metgeselle benoem om

sodoende een van die twee teorieë oor die ontvangers van die brief te bevestig nie. Die Noordelike Teorie fokus op etniese

Galasië terwyl die Suidelike Teorie fokus op die Romeinse administratiewe provinsie van Galasië. Paulus sê nie of dit

Barnabas (eerste reis) of Timoteus en Silas (tweede reis) was nie. Die naam ‘Barnabas’ word drie keer in Galasiërs

genoem, wat die eerste reis en dus die vroeë datum impliseer.

Paulus gebruik ‘broeders’ dikwels in hierdie brief (vgl. 3:15; 4:12; 5:11; 6:18), moontlik omdat sy boodskap aan

hierdie kerke so skerp, streng en aanvallend was. Paulus lei dikwels nuwe onderwerpe in deur te begin met ‘broeders’. 3

◙ “aan die gemeentes van Galasië” Weereens bly die spesifieke lokasie van hierdie kerke onbekend. Sommige voel dat

dit Noordelike Galasië is (vgl. I Pet. 1:1), en dateer dus hierdie brief in die middel 50s n.C. Han. 26:6 en 18:23 word gesien

as bewys dat Paulus gepreek het in hierdie area. Ander interpreteer Galasië as die Romeinse provinsie van Galasië, wat ‘n

veel groter area, na verwys in Han. 13 en 14, insluit om sodoende te dui op die eerste sendingreis van Paulus en Barnabas.

Dit sou die datum in die laat 40s n.C. plaas, net voor, maar nie terselfdertyd met die Jerusalem raad van Han. 15 nie.

3 Die NAV laat die sinsnede met “broeders” heeltemal uit. Dit dui egter ook nie eens vers twee met ‘n gebruiklike syfer aan nie, wat voorstel dat hier

moontlik ‘n drukkersduiwel ingetree het – vert.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!