04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VIR SPESIALE AANDAG: PAULUS SE GEBRUIK VAN KOSMOS (WÊRELD)

Paulus gebruik die term kosmos op verskeie maniere:

1. die ganse geskepte orde (vgl. Rom. 1:20; Ef. 1:4; I Kor. 3:22; 8:4,5)

2. hierdie planeet (vgl. II Kor. 1:17; Ef. 1:10; Kol. 1:20; I Tim. 1:15; 3:16; 6:7)

3. mense (vgl. Rom. 3:6,19; 11:15; I Kor. 1:27-28; 4:9,13; II Kor. 5:19; Kol. 1:6)

4. mense wat afgesonder van God georganiseer is en funksioneer (vgl. I Kor. 1:20-21; 2:12; 3:19; 11:32; Gal. 4:3;

Ef. 2:2,12; Fil. 2:15; Kol. 2:8,20-24). Dit is baie soortgelyk aan Johannes se gebruik (d.w.s. I Joh. 2:15-17)

5. die huidige wêreldstrukture (vgl. I Kor. 7:29-31; Gal. 6:14, soortgelyk aan Fil. 3:4-9 waar Paulus Joodse

strukture beskryf)

Op ’n manier dui hierdie op oorvleueling en dit is moeilik om elke gebruik te kategoriseer. Hierdie term, nes ’n hele

aantal in Paulus se denke, moet deur die onmiddellike konteks gedefinieer word en nie ’n vooropgestelde definisie nie.

Paulus se terminologie was vloeiend (vgl. James Stewart se A Man in Christ). Hy was nie besig om ’n sistematiese teologie

te probeer opstel nie, maar om Christus te verkondig. Hy verander alles!

4:4 “Maar toe die volheid van die tyd gekom het” Dit impliseer dat God in beheer is van die geskiedenis en dat Christus

gekom het na gelang van God se tydsberekening (vgl. Mark. 1:15; Ef. 1:10; I Tim. 2:6; Tit. 1:3). Baie skrifgeleerders voel

die frase hou verband met

1. Romeinse vrede

2. Romeinse hoofweë, skeepsvaart

3. ’n algemene taal in die hele area

4. die religieuse en morele soeke van die Mediterreense wêreld vir die ware God en vir vertrouensvriendskap met

Hom

Die stelling skakel met vers 2: “tot op die tyd tevore deur die vader bepaal”. Die nuwe bedeling is ingelyf in God se

tyd deur die Christus-gebeurtenis, die nuwe verbond het gekom, die ou verbond (as ’n verlossingsmiddel) het omgekom in

Christus.

◙ “het God sy Seun uitgestuur” ‘Gestuur’ is die Griekse term apostellō waarvan die woord ‘apostel’ ontleen word.

Hierdie selfde frase verskyn in vers 6 waar God die Vader die Heilige Gees stuur. Let op dat die drie persone van die

Triniteit genoem word in verse 4-6. Hoewel die term ‘Triniteit’ nie in die Bybel verskyn nie, verskyn die konsep wel keer

op keer. Sien Vir Spesiale Aandag hieronder.

Die feit dat God sy Seun gestuur het implisser die voorbestaan van die Seun in die hemel en, daarmee saam, die

Godheid van die Seun (vgl. Joh. 1:1-3,14,18; I Kor. 8:6; Kol. 1:15-17; Heb. 1:2). Hierin is die rede vir die konflik met die

‘monoteïsme’ van Israel (vgl. Deut. 4:35,39; 6:4; 33:26; Jes. 43:10-11; 45:21-22; 46:9; Jer. 10:6-7).

VIR SPESIALE AANDAG: TRINITEIT

Let op die aktiwiteit van al drie persone in die Drie-Eenheid. Die term “Triniteit”, geskep deur Tertullianus, is nie ‘n

Bybelse woord nie, maar eerder ‘n konsep wat deurgaans aanwesig is:

1. die evangelies (Mat. 3:16-17; 28:19, en parallelle; Joh. 14:26)

2. Handelinge (Han. 2:32-33, 38-39)

3. Paulus

a. Rom. 1:4-5; 5:1; 8:1-4, 8-10

b. I Kor. 2:8-10; 12:4-6

c. II Kor. 1:21; 13:14

d. Gal. 4:4-6

e. Ef. 1:3-14, 17; 2:18; 3:14-17; 4:4-6

f. I Tes. 1:2-5

g. II Tes. 2:13

h. Tit. 3:4-6

4. Petrus (I Pet. 1:2)

5. Judas (verse 20-21)

Dit word in die OT gesuggereer:

1. God word in die MEERVOUDSVORM aangedui

a. Elohim is ’n meervoud, maar die WERKWOORDVORM bly enkelvoudig

b. “Ons” in Gen. 1:26-27; 3:22; 11:7

2. Die engel van die Here as sigbare verskyning van die Godheid

a. Gen. 16:7-13; 22:11-15; 31:11,13; 48:15-16

b. Eks. 3:2,4; 13:21; 14:19

c. Rigt. 2:1; 6:22-23; 13:3-22

d. Sag. 3:1-2

3. God en Gees word afsonderlik genoem (Gen. 1:1-2; Ps. 104:30; Jes. 63:9-11; Eseg. 37:13-14)

58

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!