04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VIR SPESIALE AANDAG: HOOP

Paulus het hierdie term op ’n verskeidenheid maniere gebruik, wat wel almal met mekaar in verband staan. Dikwels

hou dit verband met die gelowige se hoop op vervulling van sy geloof (sien I Tim. 1:1). Dit word dan uitgedruk as

heerlikheid, ewige lewe, volkome verlossing, wederkoms, ens. Vervulling is verseker, maar die tydsaspek – die toekoms –

is onbekend. Hoop word dikwels geassosieer met geloof en liefde (vgl. I Kor. 13:13; I Tess. 1:3; II Tess. 2:16). Hier volg

‘n onvolledige lys van Paulus se gebruike van hierdie term:

1. Die wederkoms, Gal. 5:5, Ef. 1:18; 4:4; Tit. 2:13

2. Jesus is ons hoop, I Tim. 1:1

3. Die gelowige onberispelik voor God, Kol. 1:22-23; I Tess. 2:19

4. Hoop is weggelê in die hemel, Kol. 1:5

5. Hoop van die evangelie, Kol. 1:23; I Tess. 2:19

6. Uiteindelike verlossing, Kol. 1:5; I Tess. 4:13; 5:8

7. Die heerlikheid van God, Rom. 5:2; II Kor. 3:12, Kol. 1:27

8. Die verlossing van die heidene deur Christus, Kol. 1:27

9. Sekerheid van saligheid, I Tess. 5:8

10. Ewige lewe, Tit. 1:2; 3:7

11. Die goeie gevolg van Christelike volwassenheid, Rom. 5:2-5

12. Verlossing van die hele skepping, Rom. 8:20-22

13. Aanneming volbring, Rom. 8:23-25

14. ‘n Titel vir God, Rom. 15:13

15. Paulus se wens vir gelowiges, II Kor. 1:7

16. Die OT as riglyn vir gelowiges, Rom. 15:4

◙ “geregtigheid” Sien Vir Spesiale Aandag by 2:21.

5:6 Hierdie vers omvat die tema van die boek van Galasiërs: ons is regstandig met God uit geloof, nie uit menslike rituele

of dade nie—insluitende besnyding, die voedselwette en/of morele lewenstyl.

Die slotfrase word in die PASSIEWE- of MIDDEL-sin verstaan (Barabara en Timothy Friberg, Analytical Greek New

Testament, bl. 584; Harold K. Moulton [red.], The Analytical Greek Lexicon Revised, bl. 139). Rooms-Katolisisme

interpreteer dit meestal in die PASSIEF, wat beteken dat liefde die bron van geloof is. Protestantisme verstaan dit egter in ’n

MIDDEL-sin, wat beteken dat liefde ’n uitvloeisel van geloof is (vgl. I Tess. 1:3). Hierdie term word dikwels in die NT

gebruik in die MIDDEL-vorm (vgl. Rom. 7:5; II Kor. 1:6; Ef. 3:20; I Tess. 2:13; II Tess. 2:7). Geloof is primêr.

Dit was Paulus se antwoord op die valse leraars betreffende die lewenstyl van pagane wat vryelik in Christus aanvaar

word. Dit is Gees-gemotiveerde liefde (ná verlossing) wat die standaard stel vir gelowiges se optrede en hulle die vermoeë

gee om gehoorsaam te wees. Dit is die nuwe verbond, ’n nuwe hart en ’n nuwe mentaliteit (vgl. Jer. 31:33; Eseg. 36:26-

27).

5:7 “wie” Die ENKELVOUDIGE VOORNAAMWOORD gebruik vir ’n vals leraar word aangetref in vers 7 en twee keer in vers

10. Nietemin, die MEERVOUDSvorm verskyn in vers 12. Dit kan ’n kollektiewe gebruik van die ENKELVOUD wees. Maar in

ag genome 3:1 kan die ENKELVOUD die volgende impliseer:

1. ’n plaaslike kringleier wat tot die verjoodsers se standpunt oorgehaal is en nou die kerk in daardie rigting stuur

2. ’n oortuigende, besoekende leier van die verjoodsers

◙ OAV “Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?”

NAV “Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam?”

NASB “You were running well; who hindered you from obeying the truth”

NKJV “You ran well. Who hindered you from obeying the truth”

NRSV “You were running well; who prevented you from obeying the truth”

TEV “You were doing so well! Who made you stop obeying the truth”

NJB “You began your race well: who made you less anxious to obey the truth”

“Julle het goed gehardloop” is ’n IMPERFEKTUM AKTIEWE INDIKATIEF. Dit beteken dat die kerke van Galasië vir ’n

wyle goed gevaar het in terme van Christenvolwassenheid. Paulus gebruik dikwels atletiekmetafore. Hy was veral lief vir

‘hardloop’ (vgl. 2:2; I Kor. 9:24-26; Fil. 2:16; 3:12-14; II Tim. 4:7).

Die WERKWOORD, “verhinder” (AORISTUS AKTIEWE INDIKATIEF) het gewoonlik militêre en atletiese konnotasies. In

die militêre sin beteken die woord om ’n pad te vernietig in die gesig van ’n aankomende vyand. In die atletiese sin

beteken dit dat een atleet voor ’n ander insny om daardeur albei die resies te laat verloor.

Paulus het ’n woordspel tussen ‘gehoorsaam die waarheid’ in vers 2 en ‘oortuiging’ in vers 8 gevorm. Dit impliseer

nie dat die Galasiërs nie persoonlik verantwoordelik was nie, maar dat hulle beïnvloed is.

Paulus gebruik ‘gehoorsaam die waarheid’ as ’n manier om ‘gehoorsaam die evangelie’ aan te dui. Sien Vir Spesiale

Aandag: Waarheid in Paulus se Geskrifte by 2:5.

5:8 “Hom wat julle roep” Die VOORNAAMWOORD antesedente is dikwels dubbelsinnig. Soos in Gal. 1:6 word hierdie

frase altyd gebruik van die elektiewe besluit van God die Vader. Sien aantekening by I Tess. 2:12.

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!