04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

5:9 “’n Bietjie suurdeeg” Suurdeeg is ’n algemene NT-gesegde in die Bybel wat dikwels in ’n negatiewe sin gebruik

word (Mat. 16:6; Mark. 8:15; I Kor. 5:6), maar nie altyd nie (vgl. Mat. 13:33). Hier onderstreep die metafoor waarskynlik

die mag van die doktrine van werke-geregtigheid (vgl. Mat. 16:6,32).

VIR SPESIALE AANDAG: SUURDEEG

Die term ‘suurdeeg’ (zumē) word op tweërlei wyse in beide die OT en NT gebruik:

1. ‘n aspek van benadeling of korruptering en daarom ‘n simbool van boosheid;

a. Eks. 12:15; 13:3,7; 23:18; 34:25; Lev. 2:11; 6:17; Deut. 6:3

b. Mat. 16:6,11; Mark. 8:15; Luk. 12:1; Gal. 5:9; I Kor. 5: 6-8

2. ‘n eienskap van deurdringing en beїnvloeding en daarom nié ‘n simbool van boosheid nie:

a. Lev. 7:13; 23:17; Amos 4:5

b. Mat. 13:33; Luk. 13:20-21

Slegs konteks kan die betekenis van hierdie woord bepaal, soos trouens die geval met alle woorde!

5:10 “Ek vertrou van julle” Dit is ’n PERFEKTUM AKTIEWE INDIKATIEF wat impliseer dat Paulus in die verlede vertroue

gehad het in die Galasiese Christene, en steeds het (vgl. II Kor. 2:3; II Tess. 3:4; Fil. vers 21).

◙ “dat julle nie anders sal dink nie” Sien aantekening by 4:12.

◙ OAV “maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees”

NAV “Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf”

NASB “but the one who is disturbing you shall bear his judgment, whoever he is”

NKJV “but he who troubles you shall bear his judgment, whoever he is”

NRSV “But whoever it is that is confusing you will pay the penalty”

TEV “and that the man who is upsetting you, whoever he is, will be punished by God”

NJB “and anybody who troubles you in the future will be condemned, no matter who he is”

Gelowiges is verantwoordbaar voor God, maar hulle kan beïnvloed word (vgl. 1:7; Han. 15:24). Die ergheid van die

straf vir diegene wat God se nuwe gelowiges laat afdwaal, word uitgebeeld in Mat. 18:6-7.

5:11 “as ek nog die besnydenis verkondig” Dit is ’n EERSTE KLAS VOORWAARDELIKE SIN wat vir waar aanvaar word

vanuit die skrywer se perspektief of ter wille van sy literêre doelwit (hierdie gebruik toon dat die konstruk nie altyd geldig

is nie). Paulus gebruik ’n redelik ongewone grammatiese konstruk om te sê: ‘aangesien hulle my steeds daarvan beskuldig

dat ek besnydenis verkondig,’ wat ’n verwysing kan wees na:

1. sy besnyding van Timoteus (vgl. Han. 16:3) en sy onwilligheid om Titus te besny (vgl. 2:2-5)

2. Paulus se stelling in I Kor. 7:18-19

Watookal die agtergrond, Paulus was besig om die verjoodsers wispelturig te verklaar, want indien hy besnydenis

verkondig het moes hulle hom entusiasties aanvaar het, maar aangesien hulle hom vervolg het, is dit ’n goeie bewys dat hy

nie besnydenis vir heidene voorgestaan het nie.

◙ “Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!” “Struikelblok” of ‘hindernis’ [skandalon] beteken ‘’n gestelde

lokval gebruik om diere in te vang’ (vgl. Rom. 9:33; I Kor. 1:23). Die kruis was ’n belediging vir die verjoodsers, omdat

dit alles waarvoor hulle so hard moes werk, vryelik weggegee het (vgl. Rom. 10:2-5).

◙ “vernietig” Dit is ’n PERFEKTUM PASSIEWE INDIKATIEF. Sien Vir Spesiale Aandag by 3:17.

5:2 OAV “as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink”

NAV “Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal

ontman”

NASB “I wish that those who are troubling you would even mutilate themselves”

NKJV “I could wish that those who trouble you would even cut themselves off”

NRSV “I wish those who unsettle you would castrate themselves”

TEV “I wish that the people who are upsetting you would go all the way; let them go on and castrate

themselves”

NJB “Tell those who are disturbing you I would like to see the knife slip”

‘Vermink’ word gebruik in die sin van ‘kastrasie’. Dit is bekende geskiedenis dat die kultus van Cybele, wat in die

provinsie van Galasië aanwesig was, al hulle priesters kastreer het (eunugs of onmandes). Paulus het ’n sarkastiese

oordywing van besnydenis gemaak (soos in Fil. 3:2, waar hy hulle ‘honde’ noem).

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!