04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GIDS TOT KONSTUKTIEWE BYBELLEES:

‘N PERSOONLIKE SOEKE NA BEVESTIGBARE WAARHEID

Kan ons die waarheid ken? Waar kry ons dit? Kan ons dit deur logika bevestig? Is daar ‘n absolute gesag? Is daar

absolute waarhede wat ons lewens kan organiseer; ons wêreld? Het die lewe betekenis? Hoekom is ons hier? Waarheen is

ons op pad? Hierdie vrae – vrae waaroor alle rasionele mense wonder – rus reeds sedert die begin van tyd swaar op die

mens se intellek (Pred. 1:13-18; 3:9-11). Ek onthou nog my persoonlike soeke na ‘n sentrale ordeningsbeginsel vir my eie

lewe. Reeds op ‘n jong ouderdom het ek ‘n Christen-gelowige geword, grotendeels omdat mense wat belangrike rolle

gespeel het in my familielewe, getuies was van die waarheid. Naderende volwassenheid het ook ‘n toename in die erns van

die vrae oor my wêreld veroorsaak. Eenvoudige kulturele en religieuse clichés het nie betekenis verleen aan die ervarings

waarvan ek gelees het, of wat ek ervaar het nie. Dit was ‘n baie verwarrende tydperk in my lewe. Ek het bly soek en smag,

en dikwels het ek ook hulpeloos gevoel in die aangesig van hierdie onsensitiewe, harde wêreld waarin ek lewe.

Baie mense het aangevoer dat hulle die antwoorde op hierdie kernvraagstukke het, maar navorsing en refleksie het

getoon dat hulle antwoorde gebaseer was op die volgende: (1) persoonlike filosofieë, (2) antieke mites, (3) persoonlike

ervarings, of (4) sielkundige projeksie. Ek het die een of ander bevestiging nodig gehad, harde bewyse, ‘n rasionaal waarop

ek ‘n wêreldsiening kon baseer; my integrerende middelpunt; my rede om te leef.

Ek het my bevestiging gekry deur Bybelstudie. Eers het ek begin soek vir bewyse dat dit geloofwaardig is, wat ek

gevind het in (1) die historiese betroubaarheid van die Bybel soos bewys deur die argeologie, (2) die akkuraatheid van die

profesieë van die Ou Testament, (3) die eenheid van die Bybel-boodskap oor die sestienhonderd jaar van sy

totstandkoming, en (4) die persoonlike getuienis van mense wie se lewens permanent verander is deur hulle ervaring van

die Bybel. Christenskap, as ‘n eenheidsisteem van geloofsleer en prakties glo, het die vermoë om die komplekse vrae van

die menslike bestaan te hanteer. Dit het nie net ‘n rasionele raamwerk daargestel nie, maar die ondervindelike aspek van

Bybelse geloof het my groot emosionele blydskap en stabiliteit verskaf.

Ek het gedog dat ek my sentrale ordeningsbeginsel gevind het – Christus, soos verstaan deur die Skrif. Dit was ‘n

emosionele ervaring. Ek kan egter steeds die skok en die pyn onthou toe ek begin agterkom hoeveel verskillende

interpretasies daar van hierdie boek beskikbaar was – dikwels selfs nog binne dieselfde kerk of denkskool! Bevestiging van

die Bybel se inspirasie en betroubaarheid was nie die einde nie, maar bloot die begin. Hoe kon ek die verskeidenheid

uiteenlopende interpretasies van die vele moeilike passasies in die Skrif, bevestig of verwerp? Die een kommentator was

klaarblyklik so gesaghebbend en betroubaar soos die volgende!

Hierdie kwelling was bestem om my lewens- en geloofsdoelwit te word. Ek het geweet dat my geloof in Christus my

groot vrede en blydskap verskaf het. Ek (1) het gesmag na absolute waarhede te midde al die relatiwiteit van my kultuur (in

die post-modernistiese tydperk boonop!); (2) wou sekerheid kry oor die dogmatisme van uiteenlopende geloofsisteme

(wêreldgelowe); en (3) het die arrogansie van denominasies steurend gevind. In my soeke na geldige benaderings tot die

interpretasie van antieke tekste, was ek verras om my eie historiese-, kulturele-, denominasionele- en ervaringsvooroordele

te ontdek. Dikwels het ek die Bybel gelees bloot om my eie sienings te herbevestig. Ek het dit as ‘n bron van

dogma gebruik om te gebruik as wapen teen ander om sodoende my eie onsekerheid en wanopvattings te herbevestig. Dit

was pynlik om tot hierdie besef te kom!

Hoewel ek nooit heeltemal objektief kan wees nie, kan ek ‘n beter leser van die Bybel word. Ek kan my vooroordele

bekamp deur hulle te identifiseer en hulle aanwesigheid te erken. Die verklaarder is dikwels die grootste vyand van ‘n

daadwerklike verstaan van die Bybel!

Laat my toe om ‘n aantal van die voorveronderstellings te noem wat ek huldig in my persoonlike studie van die

Bybel sodat jy, die leser, hulle saam met my kan ontleed:

I. Voorveronderstellings

(1) Ek glo die Bybel is die enigste geïnspireerde, self-openbaring van die een ware God. Daarom is dit nodig om

tydens interpretasie in ag te neem dat dit die Heilige Gees is wat deur ‘n menslike skrywer, wat leef gedurende ‘n

spesifieke historiese tydperk, ‘n boodskap probeer kommunikeer.

(2) Ek glo dat die Bybel geskryf is deur die gewone mens – vir alle mense! God poog om so duidelik as moontlik met

ons te praat, gegewe ‘n historiese en kulturele konteks. God steek nie waarheid weg nie – Hy wil hê ons moet

verstaan! Daarom moet dit verklaar word binne die konteks van die tyd waarin die tekste ontstaan het, nie ons s’n

nie. Die Bybel behoort nie vir ons te beteken wat dit nie beteken het vir diegene wat dit eerste gehoor of gelees

het nie. Dit is verstaanbaar deur die gemiddelde menslike intellek en gebruik normale menslike

kommunikasievorme en tegnieke.

(3) Ek glo die Bybel het ‘n verenigde boodskap en doel. Die boodskap word nie weerspreek nie, hoewel daar soms

moeilike en paradoksale passasies voorkom. Dus is die beste verklaarder van die Bybel die Bybel self.

(4) Ek glo dat elke passasie (behalwe die profesieë) slegs een betekenis het, gebaseer op die oorspronklike skrywer se

bedoeling. ‘n Aantal aanwysers dui hierop:

v

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!