04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat

die ander betref nie. 5 Want elkeen sal sy eie pak dra.

6:1 “as” Dit lei ’n DERDE KLAS VOORWAARDELIKE SIN in, wat moontlike, waarskynlike aksie aandui.

◙ “as iemand. . .oorval word” Dit is ’n AORISTUS PASSIEWE SUBJUNKTIEF, letterlik ‘verras’ (vgl. William D. Mounce se

The Analytical Lexicon to the Greek New Testament, bl. 393). Die frase dui op ons eie verantwoordelikheid vir ons sonde,

maar ook op sonde se subtiele versoeking en lokvalle (vgl. Ef. 4:14; 6:10-18). Sommige mense het nie met voorbedagte

rade God se genade ontheilig nie; hulle is verkul.

◙ OAV “deur een of ander misdaad”

NAV “in die een of ander sonde”

NASB, NKJV “in any trespass”

NRSV “In a transgression”

TEV “in any kind of wrongdoing”

NJB “misbehaves”

Ten minste drie sinne word moontlik hier na verwys:

1. in die lig van die valse leraars, dit kan verwys na diegene wat geswig het voor die versoeking om besny te word

en probeer het om volmaaktheid te bekom deur die Mosaïese wet

2. op grond van die sterk terme gebruik in 5:15,26, verwys dit moontlik na die vernietigende neigings wat in die

Galasiese kerke ontstaan het

3. dit kan verwant wees aan die pagaanse aanbiddingsoormate beskryf in 5:19-21

Die riglyne wat volg is verskriklik nuttig om die kerk te wys hoe gelowiges hulle gevalle broer tot

vertrouensvriendskap moet terughelp.

◙ OAV “julle wat geestelik is”

NAV “julle wat julle deur die Gees laat lei”

NASB, TEV “you who are spiritual”

NKJV “you who are spiritual”

NRSV “you who have received the Spirit”

NJB “the more spiritual of you”

Dit behoort nie misverstaan te word om te beteken: “Jy wat sondeloos is,” nie. Geestelike volwassenheid is reeds

bespreek in 5:16-18, 22-25. Geestelike volwassenheid is

1. Christusgesindheid

2. lewe uit die vrug van die Gees

3. ’n diensbare hart

4. bediening van ander Christene

Sien Vir Spesiale Aandag: Behoort Christene mekaar te Veroordeel? by I Tess. 5:21.

◙ “so een reghelp” “Reghelp” is ’n TEENWOORDIGE AKTIEWE IMPERATIEF, ’n voortdurende opdrag, dikwels gebruik van

die spalk van ’n gebreekte been of die herstel van visnette (vgl. Mat. 4:21; Mark. 1:19). Dit is van uiterste belang dat

diegene wat volwasse is in Christus al die ander gemeentelede help om dieselfde status te bereik (vgl. Ef. 4:13) en diegene

wat uitval reg te help (vgl. II Kor. 13:11).

Vergifnis en om nie te veroordeel nie is Bybelse tekens van ’n volwasse Christen (vgl. Mat. 5:7; 6:14-15; 18:35; Luk.

6:36-37; Jak. 2:13; 5:9). Kerklike dissipline moet altyd verlossend wees, nie kwaadwillig nie (vgl. II Kor. 2:7; II Tess.

3:15; Jak. 5:19-20). Ons durf nie ons eie wonde skiet nie!

◙ “terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie” “Versoek” [peirazō] in hierdie konteks het die konnotasie

‘om te versoek met die gedagte om te vernietig’. Dieselfde woord word gebruik van die bose een wat Jesus in Matteus 4

versoek. ’n Ander woord vir ‘versoeking’ [dokimazō] word twee keer in vers 4 gebruik, maar hierdie woord het die

konnotasie ‘om te beproef met die gedagte om te verbeter’. Satan sal gelowiges beproef en versoek om hulle te vernietig.

Gelowiges moet versigtig wees, van buite en binne (vgl. I Kor. 10:12; II Kor. 13:5). Sien Vir Spesiale Aandag by I Tess.

3:5.

6:2 “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus” Hierdie is ’n TEENWOORDIG AKTIEWE IMPERATIEF. In die

Griekse sin word ‘mekaar’ eerste geplaas vir klem. As ’n reël behoort volwasse Christene hulle swakker, minder volwasse

broers te dra (vgl. Rom. 14:1; 15:1). Dit vervul op ’n baie praktiese en sigbare manier die nuwe verbond (vgl. 5:14).

‘Laste’ is gebruik om ’n vergruisende gewig op ’n pakdier se rug geplaas, aan te dui (vgl. Mat. 23:4). In konteks is

dit metafories gebruik van die mondelinge oorlewering van die verjoodsers. Dit is nie dieselfde term as die ‘las’ wat in vers

5 vir ’n soldaat se rugsak gebruik word nie.

◙ “en vervul so die wet van Christus” Die wet van Christus word ook genoem in I Kor. 9:21 en “die wet van die Gees

van die lewe in Jesus Christus” in Rom. 8:2. Die wet van Christus word ook op verskillende maniere in Jakobus

gekarakteriseer:

82

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!