04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vertalers verskil daaroor of die frase ‘in julle’, dus met betrekking tot individue, of ‘tussen julle’, dus met betrekking

tot die kerk behoort te lees.

Het God grootmoediglik al sy seëninge gegee omdat hulle die wet van Moses uitgevoer het? Nee! Hierdie

wonderwerke was God se bevestiging van die ware evangelie wat hulle uit genade deur geloof ontvang het.

OAV TEKS: 3:6-9

6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7 Julle verstaan dan dat die wat uit

die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof

sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.

9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.

3:6 “Net soos Abraham” Verse 6-9 vergroot die voorbeeld van Abraham, die geestelike en rassevader van die Joodse

nasie. Die valse leraars het moontlik vir Abraham gebruik as voorbeeld van iemand wat in God geglo en later besny is. Dit

verduidelik hoekom Paulus se argument opgeteken in Romeine 4 nie hier ontwikkel word nie. Abraham is paradigmaties

van hoe alle mense tot God kom (vgl. LXX van Gen. 15:6). Verlossing en regstaandheid met God was nog altyd uit genade

deur geloof. Dit was nie ’n nuwe boodskap nie!

“Net soos” – Curtis Vaughan, A Study Guide Commentary, maak die opmerking dat hierdie frase impliseer dat soos

Abraham reg geword het met God uit genade deur geloof, so ook die Galasiërs (bl. 61). Die geloofsbeginsel word vergroot

tot almal wat glo in verse 7,9; selfs die heidene, vers 8!

Jou verhouding met Abraham is nie bepaal deur (1) fisiese afkoms (Israel) of (2) fisiese tekens (besnydenis, vgl.

Rom. 2:28-29) nie, maar uit genade (vgl. vers 18) deur geloof (vgl. Ef. 2:8-9)!

◙ “geglo”

VIR SPESIALE AANDAG: GLO, VERTROU, GELOOF EN GETROUHEID IN DIE OU TESTAMENT

(ןמא)

I. Inleiding

Dit is nodig om te sê dat die gebruik van hierdie teologiese konsep, so kardinaal vir die NT, nie so duidelik

gedefinieer word in die OT nie. Dit is sonder twyfel daar, maar word in enkele sleutelpassasies en persone gedemonstreer.

Die OT-mengsels

A. die individu en die gemeenskap

B. die persoonlike ontmoeting en verbondsgehoorsaamheid

Geloof is ’n persoonlike ontmoeting sowel as ’n daaglikse lewenstyl! Dit is makliker om te beskryf in ’n persoon

as in ’n leksikale vorm (d.w.s. woordstudie). Hierdie persoonlike aspek word die beste geïllustreer in

A. Abraham en sy saad

B. Dawid en Israel

Hierdie manne het God ontmoet en hulle lewens is permanent daardeur verander (nie perfekte lewens nie, maar

voortgaande geloof). Toetse het swakpunte en sterkpunte in hulle geloofsontmoeting met God blootgelê, maar die intieme,

vertrouensverhouding het gestaan deur die tye! Dit is beproef en verfyn, maar dit het voortgegaan soos bewys deur hulle

toewyding en lewenstyl.

II. Hoofwortel gebruik

A. ןמא (BDB 52)

1. WERKWOORD

a. Qal-stem – om te ondersteun, om te voed (d.w.s. II Kon. 10:1,5; Ester 2:7, die nie-teologiese gebruik)

b. Nifal-stem – om seker of ferm te maak, om daar te stel, om te bevestig, om getrou of betroubaar te wees

(1) van mans, Jes. 8:2; 53:1; Jer. 40:14

(2) van dinge, Jes. 22:23

(3) van God, Deut. 7:9; Jes. 49:7; Jer. 42:5

c. Hifil-stem – om vas te staan, om te glo, om te vertrou

(1) Abraham het in God geglo, Gen. 15:6

(2) die Israeliete in Egipte het geglo, Eks. 4:31; 14:31 (ontken in Deut. 1:32)

(3) Israeliete het geglo dat JHWH deur Moses gepraat het, Eks. 19:9; Ps. 106:12,24

(4) Ahaz het nie in God vertrou nie, Jes. 7:9

(5) wie ookal daarin/in hom glo (Jes. 28:16)

(6) glo waarhede oor God, Jes. 43:10-12

2. NAAMWOORD (MANLIK) – getrouheid (d.w.s. Deut. 32:20; Jes. 25:1; 26:2)

3. BYWOORD – waarlik, voorwaar, ek stem saam, mag dit so wees (vgl. Deut. 27:15-26; I Kon. 1:36; I Kron.

16:36; Jes. 65:16; Jer. 11:5; 28:6). Dit is die liturgiese gebruik van ‘amen’ in die OT en NT.

B. תמא (BDB 54) VROULIKE NAAMWOORD, vastigheid, getrouheid, waarheid

1. van mans, Jes. 10:20; 42:3; 48:1

2. van God, Eks. 34:6; Ps. 117:2; Jes. 38:18,19; 61:8

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!