04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

voorveronderstellings die verkeerde boodskap uit beperkte Bybelse gegewens haal en hulle teologiese sisteem daarop

baseer. Sommige Christene het inderdaad groot behoefte aan die boodskap omtrent sekerheid, hoewel andere weer streng

oor hulle lewenswyse vermaan moet word. In watter groep val u?

Daar is ’n geskiedkundige teologiese kontroversie wat Augustinus teenoor Pelagius en Calvyn teenoor Arminius

(semi-Pelagian) insluit. Die kwessie gaan om die vraag van verlossing: indien jy werklik gered is, moet jy in geloof en

vrugbaarheid volhard?

Die Calviniste volg die Bybelse tekste wat aanvoer dat God soewerein is en maghoudend is (Joh. 10:27-30; Rom.

8:31-39; I Joh. 5:13,18; I Pet. 1:3-5) en WERKWOORDTYE soos die PERFEKTUM PASSIEWE DEELWOORD van Ef.

2:5,8.

Die Arminiane staan agter daardie Bybeltekste wat gelowiges waarsku teen ‘aanhou’, ‘uithou’ of ‘voortgaan’ (Mat.

10:22; 24:9-13; Mark. 13:13; Joh. 15:4-6; I Kor. 15:2; Gal. 6:9; Rev. 2:7,11,17,26; 3:5,12,21; 21:7). Persoonlik glo ek nie

dat Hebreërs 6 en 10 van toepassing is nie, maar baie Arminiane gebruik hulle as ’n waarskuwing teen apostase. Die

gelykenis van die Saaier in Matteus 13 en Markus 4 spreek die kwessie van oënskynlike geloof aand, en so ook Johannes

8:31-59. Indien Calviniste die PERFEKTUM TYD WERKWOORDE aanhaal wat gebruik word om verlossing te beskryf,

haal die Arminiane die TEENWOORDIGE TYD-passasies soos I Kor. 1:18; 15:2; II Kor. 2:15 aan.

Dit is ’n perfekte voorbeeld van hoe teologiese sisteme die letterlike ontleding-metode van interpretasie misbruik.

Gewoonlik word ’n leidende beginsel of primêre teks gebruik om ’n teologiese raamwerk op te stel waarvolgens alle ander

tekste betrag word. Wees versigtig vir raamwerke van enige bron. Hulle kom van Westerse logika, nie openbaring nie. Die

Bybel is ’n Oosterse boek. Dit stel waarheid in spannings-gevulde, oënskynlik paradoksale pare. Christene is veronderstel

om albei te bevestig en binne die spanningsveld te leef. Die NT stel die sekuriteit van die gelowige sowel as die vraag na

voortdurende geloof en godelikheid. Christenskap is ’n aanvanklike reaksie van boetedoening en geloof gevolg deur ’n

voordurende reaksie van boetedoening en geloof. Verlossing is nie ’n produk nie (’n kaartjie hemel toe of ’n

vuurversekeringspolis nie), maar ’n verhouding. Dit is ’n besluit en dissipelskap. Dit word in die NT beskryf in alle

WERKWOORDTYE:

AORISTUS (voltooide aksie), Han. 15:11; Rom. 8:24; II Tim. 1:9; Titus 3:5

PERFEKTUM (voltooide aksie met voortdurende resultate), Ef. 2:5,8

TEENWOORDIG (aangaande aksie), I Kor. 1:18; 15:2; II Kor. 2:15

TOEKOMSTIG (toekomsgebeure of onseker gebeure), Rom. 5:8,10; 10:9; I Kor. 3:15; Fil. 1:28; I Tess. 5:8-9; Heb.

1:14; 9:28

VIR SPESIALE AANDAG: AFVALLIGHEID (APHISTĒMI)

Die term aphistēmi het ‘n wye semantiese veld. Die Engelse “apostasy” is van hierdie Griekse term ontleen met die

gevolg dat moderne lesers bevooroordeeld ten opsigte van die gebruik van die woord is. Die woord se betekenis word egter

bepaal deur die gegewe konteks waarin dit gebruik word en voorafbepaalde definisies moet vermy word.

Die woord is ‘n samestelling van apo, wat ‘vanaf’ of ‘weg van’ kan beteken, met histēmi, wat ‘om te sit’, ‘om te

staan’ of ‘om vas te maak’ kan beteken. Daar is ‘n aantal nie-teologiese gebruike van die woord:

1. om fisies weg te bly of weg te gaan van

a. die tempel, Luk. 2:37

b. ‘n huis, Mark. 13:34

c. ‘n persoon, Mark. 12:12; 14:50; Han. 5:38

d. enigiets anders, Mat. 19:27,29.

2. om polities weg te breek of in opstand te kom, Han. 5:37

3. om uit te los, Han. 5:38; 15:38; 19:9; 22:29

4. om wetlik op te breek (egskeiding), Deut. 24:1,3 (LXX) en in NT, Mat. 5:31; 19:7; Mark. 10:4; I Kor. 7:11

5. om skuld af te skryf, Mat. 18:24

6. om te loop weens gebrek aan belangstelling, Mat. 4:20; 22:27; Joh. 4:28; 16:32

7. om belangstelling te toon deur nie weg te gaan nie, Joh. 8:29; 14:18

8. om toe te laat of in te stem, Mat. 13:30; 19:14; Mark. 14:6; Luk. 13:8.

Die WERKWOORD het teologies net so ‘n wye betekenisveld:

1. om af te skryf, om te verskoon, om sondeskuld te vergewe,die LXX oor Eks. 32:32; Num. 14:19; Job 42:10 en die

NT, Mat. 6:12,14-15; Mark. 11:25-26

2. om weg te bly van sonde, II Tim. 2:19

3. om te verwaarloos en te versuim deur weg te beweeg van

a. die wet, Mat. 23:23; Han. 21:21

b. die geloof, Eseg. 20:8 (LXX); Luk. 8:13; II Tess. 2:3; I Tim. 4:1; Heb. 3:12 (d.w.s. afvalligheid).

Hedendaagse gelowiges vra allerhande teologiese vrae wat in die skrywers van die NT se gedagtes nie eers sou

opgekom het nie. Een so ‘n moderne idee is dat geloof en getrouheid geskei kan word. So was daar ook persone by die

volk van God betrokke onder wie se hande dinge verkeerd geloop het.

I. Ou Testament

A. Korag, Num. 16

B. Eli se seuns, I Sam. 2; 4

C. Saul, I Sam. 11-31

D. Vals profete (voorbeelde volg)

71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!