04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3:25 “Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie” Gelowiges is nie meer

minderjarige kinders nie, maar het volledig seuns geword; volledig erfgename! Dit alles gebeur deur God se genade,

Christus se afgehandelde werk, en ons boetvaardige geloofsreaksie.

3:26 “julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus” Die frase “almal kinders van God” verwys na

diegene wat Christus in geloof ontvang het (vgl. Joh. 1:12; 3:16; Rom. 8:14-17). Hierdie vers staan nie universalisme voor

nie; so ook nie Rom. 5:18 of 11:32 nie, maar dit spreek wel van die universele aanbod van verlossing. “Almal” verskyn

eerste in die Griekse sin vir klem.

3:27 “want julle almal wat in Christus gedoop is” Dit plaas nie klem op die doop as verlossingsmiddel nie, want dit is

juis die argument van die verjoodsers rondom besnydenes. Christendoop is ’n teken van die werk van die Gees wat vroeër

in verse 2,3,5,14 genoem word (vgl. I Kor. 12:13). Om gedoop te word in/deur/met die Gees was ’n Bybelse metafoor vir

Christenwording. Die doop was bloot die geleentheid vir ’n openbare geloofsbelydenis in Christus en ’n gepaardgaande

simbool van ’n innerlike verandering. Om waterdoop ’n voorvereiste vir velossing te maak is om ’n neo-verjoodser te

word!

VIR SPESIALE AANDAG: DOOP

Curtis Vaughan, Acts, het op bl. 28 ’n interessante voetnota:

“The Greek word for ‘baptized’ is a third person imperative; the word for ‘repent’, a second person imperative.

This change from the more direct second person command to the less direct third person of ‘baptized’ implies that

Peter’s most basic primary demand is for repentance.”

Beide Johannes die Doper (vgl. Mat. 3:2) en Jesus (vgl. Mat. 4:17) het ook hierop klem geplaas. Beroubetoning is die

geestelike sleutel tot geestelike verandering, waarvan die doop die uiterlike bevestiging is. Die Nuwe Testament dra geen

kennis van ongedoopte gelowiges nie! Doop was in die vroeë kerk ‘n openbare belydenis van geloof. Dit was die

geleentheid vir ‘n openbare belydenis van geloof in Christus, en nie die meganisme van verlossing nie. Neem kennis dat

die doop nie in Petrus se tweede preek genoem word nie (vgl. 3:19; Luk. 24:17). Jesus het ‘n voorbeeld gestel deur

Homself te laat doop (vgl. Mat. 28:19) en daardeur ook ’n opdrag gegee aan gelowiges (vgl. Mat. 28:19). Die hedendaagse

geskil oor die noodsaaklikheid van die doop vir saligheid word nie in die Bybel besleg nie. Die verwagting is bloot dat alle

gelowiges gedoop sal wees. Waak egter daarteen dat hoop nie ten volle op die sakrament berus nie (sacramental

mechanicalism). Verlossing is ‘n kwessie van geloof, nie van spesifieke tradisies oor plek, bewoording of voorgeskrewe

rituele nie.

◙ “het julle met Christus beklee” Dit is ’n AORISTUS MIDDEL-INDIKATIEF wat ’n doelbewuste daad aan ons kant

beklemtoon. Dit omsluit die idee dat ons die familiale kenmerke van God aantrek (soos ’n kledingstuk). Hierdie

kledingsmetafoor is dikwels deur Paulus gebruik (vgl. Rom. 13:14; Ef. 4:22,24,25,31; Kol. 3:10,12,14). Dit verwys

moontlik na die Romeinse deurgangsrite wanneer ’n seun sy kindertoga vir sy grootmenstoga verruil en daardeur ’n

volledige burger word (soos die Joodse rite, Bar Mitzvah). Dit sou dan ons ten volle mondigwording en daardeur

verkryging van erfgenaamskap simboliseer.

3:28 Die verskille wat die verjoodsers beklemtoon is nou heeltemal uitgewis in Christus. Daar is geen perke vir

enigiemand om ’n Christen te word nie. Die Joodse arrogansie teen heidene, slawe en vroue is heeltemal weggevat.

Verskille is nie geldig vir verlossing nie (vgl. Rom. 3:22; I Kor. 12:13; en Kol. 3:11), en tog beteken dit nie dat ons nie

meer manlik of vroulik, slaaf of vry, Jood of Griek is nie. Hierdie onderskeidings bly en daar is passasies wat van hulle

praat, maar met betrekking tot Christenwording is daar geen beperkinge nie. Elke hindernis opgestel deur selfgeregtigheid,

wettiesheid of vooroordele, het Christus vir eens en vir altyd afgebreek. Hallelujah!

Manfred T. Brauch, Abusing Scripture, bl. 68 (ook F. F. Bruce, The Epistle to the Galatians, bl. 187) voer aan dat die

drie kontrasterende groepe ’n antieke sinagoge-gebed weerspieël waar Joodse mans God bedank dat hulle nie vrouens,

slawe of heidene geskep is nie! Die nuwe werklikheid in Christus ontken en openbaar die vooroordele van eerste eeuse

Judaïsme. “In Christus” geniet voorrang bo alles!

VIR SPESIALE AANDAG: RASSISME

I. Inleiding

A. Dit is ‘n universele uitdrukking in die samelewing van ’n gevalle mensdom. Dit is die ego van die mensdom wat

homself bevoordeel ten koste van ander. Rassisme is merendeels ’n eietydse verskynsel, met nasionalisme (of

stamverband) as die vroeëre uitdrukking daarvan.

B. Nasionalisme het by Babel begin (vgl. Gen. 11) en is tevore met Noag se drie seuns in verband gebring uit wie

rasse verondersteld ontwikkel het (vgl. Gen. 10). Dit is egter uit die Skrif duidelik dat die mensdom uit een bron

ontstaan het (vgl. Gen. 1-3; Han. 17:24-26).

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!