04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins. 14 Maar toe ek

sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van

almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos

Jode te lewe? 15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, 16 terwyl ons weet dat die mens nie

geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in

Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie;

omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. 17 Maar as ons wat streef om in Christus

geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ’n dinaar van die sonde? Nee, stellig nie! 18 Want as

ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ’n oortreder; 19 want deur die wet is ek vir die wet dood

om vir God te lewe. 20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou

in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs

gesterwe.

2:11 “Maar toe Petrus in Antiogië gekom het” Die tyd van Petrus se besoek aan Antiogië is onbekend. Sommige

kundiges plaas die besoek onmiddellik ná die Jerusalem raad; ander plaas dit voor die tyd. Melding van hierdie besoek is

klaarblyklik nie in kronologiese volgorde nie. Dit kon die raadsvergadering van Han. 15 opgevolg het wat sou beklemtoon

dat al die praktiese probleme nog nie opgelos is nie. Dit is egter moeilik om Petrus so te sien optree nadat hy Paulus en sy

evangelie by die raad bevestig het (vgl. 2:9; Han. 15:6-11). Dit word dus nog ’n argument vir diegene wat dink dit verwys

na die Han. 11 weergawe.

◙ “het ek hom openlik teëgestaan” Paulus gebruik hierdie voorbeeld om sy onafhanklikheid van, en gelykheid met, die

Jerusalem apostels te bevestig. Dit is ‘n sterk idioom (vgl. Ef. 6:13 en Jak. 4:7).

◙ OAV “omdat hy veroordeeld gestaan het”

NAV “omdat sy optrede duidelik verkeerd was”

NASB “because he stood condemned”

NKJV “because he was to be blamed”

NRSV “because he stood self-condemned”

TEV “because he was clearly wrong”

NJB “since he was manifestly in the wrong”

Hierdie PERIFRASTIESE PLUPERFEKTUM PASSIEWE WERKWOORD spreek van iets wat reeds gebeur het, wat ‘n

gevestigde stand ingeneem het en uitgevoer is deur ’n eksterne agent. Hierdie konstruk impliseer nie dat Petrus volstaan

het in sy houding nie. Let ook op dat die leier van die apostoliese groep ’n fout begaan het. Die apostels is geïnspireer om

geloofwaardige en ewige Skrif te produseer, maar dit het nooit beteken dat hulle nie gesondig het of swak besluite geneem

het in ander gebiede nie!

2:12 “Want voordat sommige van Jakobus af gekom het” Die “sommige” was waarskynlik lede van die kerk in

Jerusalem, maar of hulle amptelike gesag gehad het of nie is onseker. Duidelik was hulle nie verteenwoordigers van

Jakobus nie, want Jakobus het ten volle saamgestem met Paulus se standpunt oor heiden-Christenskap (vgl. Han. 15:13-

21). Dalk was hulle ’n navorsingskomitee wat hulle gesagsperk oorskry het. Hulle was moontlik daar om te kyk of die raad

se stipulasies geïmplimenteer word (vgl. Han. 15:20-21). Hulle het Petrus, ’n gelowige Jood, aan tafel gevang saam met

heidengelowiges in direkte oortreding van die mondelinge wet (d.w.s. Talmoed). Petrus het vroeër probleme ondervind

met dieselfde kwessie (vgl. Han. 11:1-18). Dit was nie ‘n kleinigheid nie, selfs gedurende Jesus se lewe (vgl. Mat. 9:11;

11:19; Luk. 19:1-10; 15:2; Han. 15:28-29).

◙ “het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is” Drie IMPERFEKTUM

WERKWOORDE kom voor in vers 12. Die eerste stel dat Petrus dikwels saam met heidengelowiges geëet het. Die tweede en

derde beklemtoon dat Petrus sy sosiale kontak met die heidengelowiges begin verminder het toe die afgevaardigdes van die

Jerusalem kerk opdaag. Dit was nie oor die kwessie van besnydenis alleenlik nie, maar eerder die algemene verhouding

van die Mosaïese wet tot die nuwe heidengelowiges.

2:13 “En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle

geveins” Die dodelike tentakels van die verjoodsers se korrupterende invloed het selfs die grootste gelowiges geaffekteer.

Paulus was duidelik teleurgesteld deur die optrede van Barnabas. Barnabas het vir heidene gepreek en opgestaan vir die

vrye evangelie in Handelinge 15. Die probleem hier was nie die vryheid van die heidengelowiges van die vereistes van die

Mosaïese wet nie, maar eerder die implikasies van hierdie vryheid vir die Joodse gelowiges. Was Petrus en Barnabas ook

vry om die mondelinge oorlewering wat die Mosaïese wet moes interpreteer, te verwerp? Sien Vir Spesiale Aandag: Paulus

se siening van die Mosaïese wet by 3:19.

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!