04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

werklik uit die wet wees. 22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus

Christus aan die gelowiges gegee kon word.

3:15-17 OAV “’n mens se testament”

NAV “’n testament, wat maar net mensewerk is”

NASB, NKJV “a man’s covenant”

NRSV “a person’s will”

TEV “that covenant”

NJB “If a will”

Paulus dra sy argument voort deur ’n algemene menslike illustrasie. Hy gebruik ’n term in Koine Grieks wat vertaal

kan word as ‘testament’ met verwysing na ’n persoon se erfporsie. In Klassieke Grieks word dit vertaal as ‘verbond’. In die

Septuaginta word hierdie term altyd gebruik van ’n verbond tussen God en die mens. As gevolg van hierdie

dubbelsinnigheid gebruik Paulus hierdie wetsmetafoor as ’n voorbeeld van God se verbondsluiting of kontraksluiting met

Abraham en sy afstammelinge. Hierdie kontrak kan nie verander word nie! Dieselfde tipe argument waar die konsep van ’n

laaste testament gebruik word, kom voor in Heb. 9:15-20.

VIR SPESIALE AANDAG: VERBOND

Die OT-term, berith, of “verbond”, is nie maklik definieerbaar nie. Daar is nie ’n Hebreeuse WERKWOORD met

ooreenkomstige betekenis nie. Alle pogings tot ’n etimologiese definisie is tot dusver onoortuigend. Nietemin is die konsep

tot so ’n mate sentraal, dat geleerdes gedwing word om ‘n funksionele betekenis vanuit die gebruik van die woord af te lei.

Verbondsluiting is die manier waarop die enigware God onderhandel met die mens wat Hy geskep het. Die

verbondskonsep, verdragsluiting of ooreenkoms is van sentrale belang in die verstaan van Bybelse openbaring. Die

spanning tussen die soewereiniteit van God en vrye wil van die mens is telkens in die verbondskonsep opmerklik.

Sommige verbonde is op die karaktereienskappe van God, sy handelinge en doelstellings gebaseer:

1. die skepping as sodanig (Gen. 1; 2);

2. die roeping van Abraham (Gen. 12);

3. die verbond met Abraham (Gen. 15);

4. die bewaring van, en belofte aan, Noag (Gen. 6-9).

Die blote aard van ‘n verbond vereis egter ‘n reaksie:

1. Deur te glo moet Adam God gehoorsaam en nie van die boom in die middel van die tuin eet nie (Gen. 2).

2. Deur te glo moet Abraham sy familie verlaat, God volg en ‘n toekoms met afstammelinge verwag (Gen. 12; 15).

3. In geloof moet Noag ‘n groot boot bou met geen water in sig nie en hy moet diere daarheen bring (Gen. 6-9).

4. In geloof moet Moses Israel uit Egipte lei en spesifieke riglyne ontvang waarvolgens die godsdienstige en sosiale

lewe ingerig moet word, met beloftes van seën, maar ook bestraffing (Deut. 27-28).

Hierdie selfde spanning ten aansien van God se verhouding tot die mensdom is in die nuwe verbond ter sprake. Die

spanning is baie opmerklik wanneer Eseg. 18 met 36:27-37 vergelyk word. Is die verbond gebaseer op God se

genadehandeling of op die voorgeskrewe menslike reaksie? Dit is die oop vraag in beide die ou en die nuwe verbonde. Die

doelstellings van beide is egter dieselfde: (1) die herstel van die verlore vertrouensverhouding (vgl. Gen. 3) en (2) die

totstandkoming van ‘n regverdige volk wat God se karakter reflekteer.

Die nuwe verbond volgens Jer. 31:31-34, los die spanningsprobleem op deur die menslike meriete as norm vir

aanvaarding te verwyder. God se wet word ’n innerlike begeerte en is nie meer ’n middel tot uiterlike vertoon nie. Die doel

van ’n toegewyde, regskape menswees bly, maar die werkswyse verander. ’n Gevalle mensheid is nie in staat om God se

beeld te vertoon nie (vgl. Rom. 3:9-18). Die probleem lê by menslike sondigheid en swakheid, nie by die verbond nie (vgl.

Rom. 7; Gal. 3).

Die spanningsprobleem van onvoorwaardelik en voorwaardelik in die verbonde, duur voort deur beide die Ou- en

Nuwe Testament. Verlossing is in Christus se afgehandelde werk ’n absolute genadegawe, máár dit vereis aanvaarding

deur geloof (as ’n aanvangsaksie en daarna volgehou). Verlossing is beide ’n wetlike vryspraak én ’n oproep tot ’n

lewenswyse in die gesindheid van Christus. Verlossing is ’n INDIKATIEF – ’n stelling dat jy aanvaar word as kind van God

– maar ook ’n IMPERATIEF – ‘n opdrag tot heilig lewe! Gelowiges word nie deur hierdie vertoon van goeie werke gered nie,

maar tot ’n lewe van gehoorsaamheid (vgl. Ef. 2:8-10). Toegewyde lewe word die bewys van verlossing en is nie ’n middel

daartoe nie. Nietemin, die ewige lewe het merkbare eienskappe! Hierdie spanning is duidelik te siene in Hebreërs.

3:15 OAV “testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie”

NAV “As ’n testament. . .eers geldig is, kan niemand dit ongeldig maak of iets daaraan toevoeg nie”

NASB “yet when it has been ratified, no one sets it aside or adds conditions to it”

NKJV “yet if it is confirmed, no one annuls or adds to it”

46

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!