04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4. God (YHWH) en die Messias (Adon) word ook afsonderlik aangedui (Ps. 45:6-7; 110:1; Sag. 2:8-11; 10:9-12)

5. Messias en Gees word afsonderlik genoem (Sag. 12:10)

6. Al drie word genoem in Jes. 48:16, 61:1

Die godheid van Jesus en die persoonlikheid van die Gees was vir vroeë, streng monoteïstiese gelowiges

problematies:

1. Tertulianus – het die Seun aan die Vader ondergeskik gestel

2. Origenes – het die godheid van die Seun en die Gees ondergeskik gestel

3. Arius – het die godheid van die Seun en die Gees ontken

4. Monargianisme – beskou dit as opeenvolgende manifestasies van God

Die Drie-Eenheid se historiese ontwikkeling en totstandkoming is deur Bybelse materiaal toegelig:

1. die Sinode van Nicea verklaar in 325 n.C. die gelykheid van Jesus met die Vader;

2. die Sinode van Konstantinopel (381 n.C.) verklaar die godheid van die Gees gelyk met die Vader en die Seun;

3. in sy De Trinitate artikuleer Augustinus ten volle die bestaan van die Drie-Eenheid

Hier is waarlik ‘n enigma, maar die NT bevestig die bestaan van een goddelike entiteit wat bestaan uit drie ewige,

persoonlike manifestasies.

◙ “gebore uit ’n vrou” Paulus beklemtoon die volledige menslikheid van Jesus Christus moontlik vanweë die neiging van

die Dosetiese Gnostieke (Efesiërs, Kolossense, die pastorale briewe en I Johannes) om die Godheid van Jesus te bevestig,

maar sy menslikheid te ontken. Nietemin, daar is min bewyse dat hierdie kettery die skryf van Galasiërs beïnvloed het (vgl.

vers 3).

Die frase “gebore uit ’n vrou” sou sekerlik die verjoodsers herinner het aan Gen. 3:15 en Jes. 7:14. Die skrywer van

die boek van Hebreërs maak dit ’n kardinale punt in sy teologie (vgl. Heb. 2:14,17). ’n Baie soortgelyke frase wat die

mensheid van Jesus, maar sonder ’n sondige aard, beklemtoon, word aangetref in Rom. 8:3; Fil. 2:7. Dat Jesus ten volle

God (Joh. 1:1-14) en ten volle man was is ’n belangrike waarheid van die evangelie van die eerste eeuse kerk (vgl. I Joh.

4:1-3).

Verrassend genoeg word die maagdelike geboorte van Jesus nie beklemtoon of eens genoem buite die passasies van

Jesus se geboorte in Matteus en Lukas nie. Dit sou moontlik te maklik deur pagane aan die mitiese aktiwiteite van die gode

op berg Olimpus verbind word.

4:5 “om die wat onder die wet was, los te koop” ‘Loskoop’ (AORISTUS AKTIEWE SUBJUNKTIEF) word gebruik in 3:13

(AORISTUS AKTIEWE INDIKATIEF) om te verwys na God wat of (1) die ganse mensdom uit slawerny of sonde of (2) die Jode

van die Mosaïese wet en die heidene van die stoicheia terugkoop deur die lewe, dood en opstanding van Christus. Dit toon

die mensdom se hulpeloosheid (vgl. Rom. 1:18-3:31; Ef. 2:1-3) en God se genadige voorsiening (vgl. Mark. 10:45; Ef. 2:4-

6). Dit is moeilik in hierdie konteks om te weet of Paulus besig was om te praat van die Mosaïese wet, 3:19, of wet in die

algemene sin van menslike meriete (vgl. 3:21). Sien Vir Spesiale Aandag: Loskoop by 3:13.

◙ OAV “sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang”

NAV “sodat ons as kinders van God aangeneem kon word”

NASB, NKJV “that we might receive the adoption as sons”

NRSV “that we might receive adoption as children”

TEV “so that we might become God’s sons”

NJB “to enable us to be adopted as sons”

Paulus dra sy bespreking van die voordele van die voorregte wat gelowiges ontvang as volledige erfgename van

Abraham deur geloof in Christus voort. Paulus gebruik die familiale metafoor “aanneming” vir verlossing, terwyl Johannes

en Petrus die familiale metafoor ‘weer gebore’ gebruik. Die aannemingsmetafoor is hoofsaaklik in twee kontekste gebruik

in Romeinse kultuur. In Romeinse reg was aanneming baie moeilik. Dit was ’n lang, betrokke en duur wetsproses, maar

wanneer dit eers afgehandel was het aanneming verskeie spesiale regte en voorregte ingehou:

1. alle skulde is gekanseleer

2. alle kriminele aanklagtes is laat vaar

3. hulle kon nie wettig doodgemaak word deur die nuwe vader nie

4. hulle kon nie onterf word deur die nuwe vader nie

In wetsterme was dit ’n totaal nuwe persoon. Paulus was besig om te verwys na die gelowiges se sekuriteit in Christus

deur die gebruik van die Romeinse wetsprosedure (vgl. Rom. 8:15,23). Wanneer ’n vader ’n seun in die openbaar

aangeneem het, het hy amptelik en permanent sy erfgenaam geword. Die metafoor is ook gebruik in die amptelike

seremonie van ’n seun wat man word, gehou op die 17 de Maart elke jaar.

4:6 “En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur” Soortgelyk aan Rom. 8:14-17,

herhaal Paulus hier God se genadedaad, toe Hy sy Seun en sy Gees gestuur het (die nuwe bewaarders). Die spesifieke

betekenis van die Griekse frase is onduidelik. Is die Gees die bewys of die resultaat van seunskap? ‘Deur sy Seun word ons

seuns’ is die slagspreuk van Gal. 2:15-4:31. Dit is interessant om op te let dat die Gees so dikwels in hoofstuk drie genoem

word met verwysing na ons wat Christene word (vgl. vers 2,5,14). Nou word Hy “die Gees van sy Seun” genoem. Dit dui

op twee van die drie (vgl. Joh. 14-16) werke van die Gees: (1) bearbei ons tot Christus; en (2) vorm Christus in ons (vgl.

59

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!