04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NASB “only there are some who are disturbing you”

NKJV “but there are some who trouble you”

NRSV “but there are some who are confusing you”

TEV “there are some people who are upsetting you”

NJB “it is merely that some troublemakers among you”

“[I]n die war bring” verwys na ‘n doelbewuste daad soos ‘n militêre opstand (d.w.s. hierdie konteks het verskeie

militêre terme). Valse leraars is MEERVOUDIG in 5:12, maar slegs die leier van die valse leraars word moontlik bedoel op

grond van die gebruik van die ENKELVOUD in 5:7 en twee keer in 5:10. Hulle word ‘opstokers’ genoem in 5:12. Baie

veronderstel die verjoodsers van Galasië is sinoniem met die bekeerde Fariseërs of priesters van Han. 15:1,5,24. Hulle

beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om ‘n Jood te word voordat jy ‘n Christen kan word. Die verjoodsers se klem op

die Joodse wet kan gesien word in:

1. die noodsaaklikheid van besnydenis (vgl. 2:3-4; 5:1; 6:12-15)

2. hulle waarneming van spesiale dae (vgl. 4:10)

3. ’n moontlike insluiting van die voedselwette implisiet in Paulus se konfrontasie met Petrus (vgl. 2:11-14)

Dit was waarskynlik dieselfde groep valse leraars waarvan in II Kor. 11:26 en I Tess. 2:14-16 melding gemaak word.

Hulle probleem was nie dat hulle die sentrale plek van Christus in verlossing ontken het nie, maar dat hulle ook

gehoorsaming van die Mosaïese wet geverg het, wat genade met menslike werke verwar. Die nuwe verbond fokus nie op

menslike meriete nie (vgl. Jer. 31:31-34; Eseg. 36:22-38).

Die teologiese en praktiese probleem van hoe die OT en NT met mekaar in verband staan, bestaan vandag nog. Hier

volg ’n aantal moontlikhede wat oor die jare voorgestel is:

1. ignoreer die OT

2. vergroot die OT

3. behou die etiek, maar nie die kultus van Israel nie

4. lees die NT deur die oog van die OT-kategorieë

5. lees die OT deur die nuwe boodskap van Jesus

6. sien dit as ‘n belofte (OT) en vervulling (NT)

Ek het gesukkel met hierdie kwessie! Dit lyk vir my of die OT sonder twyfel openbaring is (vgl. Mat. 5:17-19; II

Tim. 3:15-16). Dit is nie moontlik om die Bybel te verstaan sonder Genesis nie. Die OT openbaar God sonder twyfel op

wonderbaarlike maniere, maar dit lyk vir my of Judaïsme die Mosaïese verbond verkeerd hanteer het deur die menslike

aspek van die verbond te beklemtoon! Ek verkies om die goddelike universele aspek daarvan (d.w.s. Gen. 3:15; 12:3; Eks.

19:5-6) te beklemtoon met ‘n noodsaaklike verbondsreaksie van die mens!

Die NT het die nasionale beloftes aan Israel geuniversaliseer, waardeur die oorspronklike bedoeling van God om die

gevalle mensdom, na sy beeld en gelykenis geskep, te verlos (vgl. Gen. 1:26-27) ten volle kon realiseer! Een God, een

wêreld, een manier om die vertrouensvriendskap te herstel (d.w.s. Jesaja se boodskap)!

VIR SPESIALE AANDAG: BOB SE EVANGELIESE VOOROORDELE

Ek moet aan u, die leser, toegee dat ek op hierdie stadium sterk afwyk, want my sistematiese teologie is nie

Calvinisties of Dispensasionalisties nie, maar eerder Die Groot Opdrag – evangelisasie. Ek glo God het van altyd af ‘n plan

vir die verlossing van die hele mensheid (vgl. Gen. 3:15; 12:3; Eks. 19:5-6; Jer. 31:31-34; Eseg. 18; 36:22-39; Han. 2:23;

3:18; 4:28; 13:29; Rom. 3:9-18, 19-20, 21-32); almal wat na sy beeld en gelykenis geskape is (vgl. Gen. 1:26-27). Die

verbonde word in Christus verenig (vgl. Gal. 3:28-29; Kol. 3:11). Jesus is God se geheimenis wat bedek was, maar nou

geopenbaar is (vgl. Ef. 2:11-3:13)!

Hierdie vooroordeel kleur my skrifuitleg algeheel. Ek lees alle tekste deur, en vanuit, hierdie voorveronderstelling.

Dit is sekerlik ‘n vooroordeel (alle skrifverklaarders het dit!), maar dit is ‘n voorveronderstelling wat uit die Bybel self

gevorm is.

◙ OAV “en die evangelie van Christus wil verdraai”

NAV “wat die evangelie van Christus probeer verdraai”

NASB “and want to distort the gospel of Christ”

NKJV, NRSV “and want to pervert the gospel of Christ”

TEV “and trying to change the gospel of Christ”

NJB “want to change the Good News of Christ”

‘Wil verdraai’ is ’n AORISTUS INFINITIEF wat ‘om om te draai’ beteken, moontlik nog ‘n militêre term. Hoewel

moraliteit ‘n belangrike element van die evangelie is, volg dit altyd verlossing na. Dit gaan dit nie vooraf soos die

verjoodsers dit wou hê nie (vgl. Ef. 2:8-9,10). Paulus se evangelie was Christus, dan Christus-gelykvormigheid; hulle

evangelie was werke-regverdigheid (Mosaïese wet) en dan God se regverdigheid in Christus.

1:8 “Maar al sou” Dit is ’n DERDE KLAS VOORWAARDELIKE SIN met ’n AORISTUS MIDDELSUBJUNKTIEF wat ’n hipotetiese

situasie aandui (vgl. II Kor. 11:3-4). Paulus voer aan dat indien hy, of ’n engel uit die hemel, ’n ander evangelie sou

verkondig, hulle veroordeel en van God afgesonder moet word.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!