04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dat hierdie sondes selfs deur Christene gepleeg word. Hierdie verse waarsku dat, hoewel Christene kan sondig in hierdie

gebiede en steeds gered word, as hulle lewens gekenmerk of oorheers word deur hierdie sondes, het hulle nie werklik nuwe

skepsels van God geword nie (I Joh. 3:6,9).

◙ “waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie

sal beërwe nie” Jou lewenstylkeuses ontbloot jou hart. Diegene wat werklik bekeer is worstel steeds met sonde, maar hulle

lewens word nie daardeur gekenmerk nie (vgl. I Joh. 3:6,9). Dit is nie dat hierdie sondes onvergeeflik is of dat ware

Christene nooit hierdie sondes pleeg nie, maar dat die proses van Christusgelykvormigheid in ware gelowiges begin het.

Die Gees wat gelowiges na Christus getrek het, vorm Christus nou in hulle (vgl. 4:19; Joh. 16:8-13). Jesus was baie

duidelik oor die lewenstyl van gelowiges in Matteus 7: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken,” en Johannes 15.

Die koninkryk van God is die onderwerp van Jesus se eerste en laaste preke en die meeste van sy gelykenisse. Die

heerskappy van God in mans se harte sal nou eendag voltrek word oor die hele aarde (vgl. Mat. 6:10; I Kor. 6:9-10; Ef.

5:5).

VIR SPESIALE AANDAG: DIE KONINKRYK VAN GOD

In die OT word aan YHWH as die koning van Israel gedink (vgl. I Sam 8:7; Ps. 10:16; 24:7-9; 29:10; 44:4; 89:18;

95:3; Jes. 43:15; 44:4,6) en aan die Messias as die ideale koning (vgl. Ps. 2:6). Met Jesus se geboorte in Betlehem (6-4

v.C.) breek die koninkryk van God met nuwe krag en verlossing aan in die geskiedenis van die mensdom (‘n nuwe

verbond, vgl. Jer. 31:31-34; Eseg. 36:27-36). Johannes die Doper kondig die nabyheid van die koninkryk aan (vgl. Mat.

3:2; Mark. 1:15). Jesus het duidelik verkondig dat die koninkryk teenwoordig was in Hom as persoon en in sy leer (vgl.

Mat. 4:17,23; 9:35; 10:7; 11:11-12; 12:28; 16:19; Mark. 12:34; Luk. 10:9,11; 11:20; 12:31-32; 16:16; 17:21). Maar die

koninkryk is ook toekomstig (vgl. Mat. 16:28; 24:14; 26:29; Mark. 9:1; Luk. 21:31; 22:16,18).

Die uitdrukking “koninkryk van God” kom veral in die Sinoptiese parallelle in Markus en Lukas voor. Vir daardie

tyd was regering van God in die hart van mense die deurlopende tema van Jesus se prediking, maar dit was bestem om

toekomstig die hele aarde (fisies) in te sluit. Dit kom veral na vore in Jesus se gebed in Mat. 6:10. Mattheus, wat vir Jode

geskryf het, het om veilig te wees verkies om die frase “koninkryk van die hemel” te gebruik, terwyl Markus en Lukas, wat

vir heidene geskryf het, nie ‘n probleem het met die verwysing na godheid in dié frase nie.

Dit is derhalwe ‘n sleutelbegrip in die Sinoptiese evangelies. Jesus se boodskappe (die eerste en die laaste) en sy

gelykenisse het oor dié onderwerp gehandel. Dit was gerig op die heerskappy van God in die harte van mense, hier en nou!

Dit is verrassend dat Johannes die frase net twee keer aanhaal, hoewel nie ‘n enkele keer in ‘n gelykenis van Jesus nie! In

Johannes is die sleutelgedagte en metafoor die “ewige lewe”.

Hierdie spanning word deur die twee verskynings van Christus veroorsaak. Die OT fokus net op een koms van God

se Messias – strydlustige, veroordelende, glansryke verskyning – terwyl die NT Hom voorstel as die Lydende Kneg van

Jes. 53 en die nederige koning van Sag. 9:9. Dit veroorsaak ‘n oorvleueling. Dit bring die Joodse “era van geregtigheid”

vroeër op die toneel in hulle veronderstelde “era van ongeregtigheid”. Tans regeer Jesus in die harte van gelowiges, maar

eendag sal Hy oor die hele skepping regeer. Dan sal Hy weer kom soos die OT voorspel, ‘n glansryke verskyning!

Gelowiges leef tans in die “alreeds” versus die “nog nie” van die komende Godsryk (vgl. Gordon D. Fee en Douglas

Stuart, How to Read The Bible For All Its Worth, bl. 131-134).

5:22 “Maar die vrug van die Gees is” Paulus beskryf menslike inspanning as werke van die vlees, maar hy beskryf die

Christenlewe as die ‘vrug’ (vgl. Johannes 15) of produk van die Gees. Hy onderskei hierdeur tussen mens-gefokusde

geloof en bonatuurlik-gefokusde geloof. Duidelik is daar ’n verskil tussen die vrug van die Gees en die gawe van die Gees.

Terwyl geestelike gawes aan elke gelowige gegee word met verlossing (vgl. I Kor. 12:7,11), is die vrug nog ’n manier om

die motiewe, houdings en lewenstyl van Jesus Christus te beskryf. Soos die gawes die verspreiding van die verskillende

bedienings van Christus tussen die liggaam van Christus is, is die vrug die kollektiewe houding van Christus in die

uitvoering van hierdie gawes. Dit is moontlik om ’n effektiewe gawe te hê sonder ’n Christelike houding. Daarom bring

Christelike volwassenheid, wat die vrug van die Gees bring, uiteindelike verheerliking aan God deur die verskeie gawes

van die Gees. Om deur die Gees gevul te word is die oorsprong van albei (vgl. Ef. 5:18).

Dit is ook interessant om op te let dat die vrug ENKELVOUDIG is in hierdie vers. Die gebruik van die ENKELVOUD kan

op twee maniere verstaan word: (1) Liefde is die vrug van die Gees, soos beskryf deur die verskeie terme wat volg; of (2)

dit is ’n kollektiewe enkelvoud, soos ‘saad’.

◙ “liefde” Hierdie Griekse woord vir liefde, agapē, word op ’n unieke manier gebruik deur die vroeë kerk om God se

selfgewende liefde te beskryf. Hierdie NAAMWOORD is nie dikwels in klassieke Grieks gebruik nie. Die kerk het dit met

nuwe betekenis ingespuit om God se spesiale liefde te beskryf. Liefde hier is teologies ooreenkomstig met hesed (BDB

338), God se verbondslojaliteit en liefde, in die OT.

◙ “blydskap” Blydskap is ’n lewenshouding wat jubel oor wie ons is in Christus, ongeag die omstandighede (vgl. Rom.

14:17; I Tess. 1:6; 5:16; Judas 24).

◙ “vrede” Vrede kan beteken

1. ons sin van welstand oor ons verhouding in Christus

78

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!