04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

D. menslike spraak, Joh. 8:15; I Kor. 1:26; II Kor. 1:12; 5:16; 10:2; Gal. 6:12

E. menslike swakheid, Rom. 6:19; 7:18; 8:5-6,9; II Kor. 10:4; Gal. 3:3; 5:13,16,19-21; Kol. 2:18

F. vyandigheid van mense teenoor God, verwant aan die nagevolge van die val, Rom. 7:14; 13:14; I Kor. 3:1,3; Ef.

2:3; Kol. 2:18; I Pet. 2:11; I Joh. 2:16

1:17 “na die wat voor my apostels was” Paulus erken sonder twyfel die leierskap van die oorspronklike twaalf, maar

beklemtoon ook homself as hulle gelyke.

OAV TEKS: 1:18-24

18 Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by

hom gebly; 19 en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here. 20 En

wat ek julle skryf—voor die aangesig van God, ek lieg nie! 21 Daarna het ek gekom in die streke van Sírië en Cilícië;

22 en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa; 23 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër

vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei. 24 En hulle het God verheerlik in my.

1:18 OAV “Vervolgens drie jaar daarna het ek na Jerusalem opgegaan”

NAV “Eers drie jaar later het ek Jerusalem toe gegaan”

NASB “Then three years later I went up to Jerusalem”

Paulus erken vryelik dat hy Jerusalem besoek het. Die sin beklemtoon dat Paulus geen kontak met Jerusalem of die

twaalf gehad het tot drie jaar ná sy bekering nie. Die boek van Handelinge raporteer vyf besoeke deur Paulus aan

Jerusalem, maar Galasiërs raporteer net twee. Dit is baie moeilik om te bepaal watter van hierdie besoeke in Handelinge

opgeteken ooreenstem met dié opgeteken in Galasiërs en of daar verdere besoeke was. Die meeste mense glo dat hierdie

besoek wat in vers 18 vermeld word ooreenstem met die besoek opgeteken in Han. 9:26-30. Sien Inleiding, Datum en

Ontvangers, C.

◙ “kennis te maak” Dit is ’n Griekse frase waarvan die Engelse woord ‘geskiedenis’ ontleen word. Paulus het gegaan (1)

om Petrus te leer ken of (2) vir die spesifiek doel om Jesus se lering by Petrus te leer. Paulus het egter nie die heeltyd by

Petrus vertoef nie (vgl. Han. 9:28-30). Hy het in die gebied gepreek en waarskynlik net die aande en die Sabbat by hom

deurgebring. Hierdie vers beklemtoon ook dat hy slegs vir vyftien dae daar gebly het, wat gans te kort is vir uitvoerige

instruksie. In ag genome die Pauliniese terminologie en teologie so ooglopend in I en II Petrus, het Petrus dalk meer by

Paulus geleer as andersom.

◙ OAV “Petrus”

NAV “Sefas”

NASB, NRSV, NJB “Cephas”

NKJV, TEV “Peter”

Sefas (Aramees vir ‘rots’) word aangetref in MSS P 46 , P 51 , א * , A, B. Petrus (Grieks vir ‘rotsblok’) word aangetref in

MSS א c , D, F, G, K, L en P. Paulus gebruik ‘Sefas’ in 2:9,11,14.

1:19 “en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here” Die Griekse

sin is baie dubbelsinnig. Die konteks impliseer dat Jakobus ’n apostel was, maar hierdie betekenis is onseker. Dit (apostels)

kon verwys het na Petrus in vers 18. Jakobus blyk ‘n ‘apostel’ te wees in dieselfde sin as wat die volgende dit was:

Barnabas (vgl. Han. 14:4,14); Andronikus en Junias (vgl. Rom. 16:7); Apollos (vgl. II Kor. 4:9); Epafroditus (Fil. 2:25); of

Silas en Timoteus (vgl. I Tess. 2:6; Han. 18:5). Hierdie Jakobus word geïdentifiseer as die Here se halfbroer (vgl. Mat.

13:55; Mark. 6:3) om hom sodoende te onderskei van Jakobus die apostel, deel van die binnekring, wat vroeg reeds

vermoor is (vgl. Han. 12). Vir verskeie generasies het die kerk in Jerusalem ‘n fisiese familielid van Jesus as hulle leier

gehad. Verskeie Bybelse passasies (vgl. Han. 12:17; 15:13; 21:18; I Kor. 15:7; en Jak. 1:1) toon dat Jakobus ’n baie

belangrike leier in die kerk in Jerusalem was. Sien Vir Spesiale Aandag: Jakobus, die halfbroer van Jesus by 2:9.

Vir ‘apostels’ sien Vir Spesiale Aandag: Gestuur by 1:1.

1:20 OAV “voor die aangesig van God, ek lieg nie!”

NAV “God is my getuie”

NASB “I assure you before God that I am not lying”

Paulus het geweet hoe ernstig eedswering is en het dit steeds nodig geag om sy geloofwaardigheid so te bevestig

(vgl. Rom. 9:1; I Tim. 2:7). Paulus gebruik elders ook vir God as getuie van sy geloofwaardigheid (vgl. Rom. 1:9; II Kor.

1:23; 4:2; 11:31; I Tess. 2:5,10). Paulus was oortuig van die goddelike oorsprong van sy inhoud en sy boodskap.

1:21 OAV “Daarna het ek gekom in die streke van Sírië en Cilísië”

NAV “Daarna is ek na Sirië en Silisië toe”

NASB “Then I went into the regions of Syria and Cilicia”

Sirië en Silisië was Romeinse provinsies, maar die kleiner provinsie van Silisië was nie heeltemal onafhanklik nie

(vgl. Han. 15:41). Dit is moontlik die rede hoekom dit tweede genoem word, selfs al val hy kronologies eerste. Paulus se

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!