04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VIR SPESIALE AANDAG: HEERLIKHEID (doxa)

Die Bybelse konsep van ‘heerlikheid’ is moeilik om te definieer. Gelowiges vind heerlikheid in hulle begrip van die

evangelie en verheerlik hulself dus in God, nie in hulleself nie (vgl. 1:29-31; Jer. 9:23-24).

Die mees algemene Hebreeuse woord vir “heerlikheid” in die OT (kbd, BDB 217) was oorspronklik ‘n handelsterm

wat verwant was aan die gebruik van ‘n paar skale (‘om swaar te wees’). Dit wat swaar was, was waardevol, of het

intrinsieke waarde gehad. Die konsep van helderheid is dikwels by die woord gevoeg om God se majesteit uit te druk (vgl.

Eks. 19:16-18; 24:17; Jes. 60:1-2). Hy alleen is waardig en eerbaar. Hy is te helder vir gevalle mens om te aanskou (vgl.

Eks. 33:17-23; Jes. 6:5). JHWH kan slegs waarlik geken word deur Christus (vgl. Joh. 12:45; 14:8-11; Kol. 1:15; Heb.

1:3). Die term ‘heerlikheid’ is ietwat dubbelsinnig:

1. dit kan parallel staan tot ‘die geregtigheid van God’

2. dit kan verwys na die ‘heiligheid’ of ‘volmaaktheid’ van God

3. dit kan verwys na die beeld van God waarin die mens geskep is (vgl. Gen. 1:26-27; 5:1; 9:6), maar wat later

vertroebel is deur eiewillige ongehoorsaamheid (vgl. Gen. 3:1-21). Dit word aanvanklik gebruik van JHWH se

aanwesigheid by sy mense gedurende die wildernis swerwinge in Eks. 16:7,10; Lev. 9:23; en Num. 14:10.

◙ “in alle ewigheid” Letterlik ‘tot in ewigheid van ewigheid’.

VIR SPESIALE AANDAG: VIR EWIG (GRIEKSE IDIOOM)

Een Griekse idiomatiese uitdrukking is ‘tot in ewigheid’ (vgl. Luk. 1:33; Rom. 1:25; 11:36; 16:27; Gal. 1:5; I Tim.

1:17), wat moontlik die Hebreeuse ‘olam weerspieël. Sien Robert B. Girdlestone, Synonyms of the Old Testament, bl. 319-

321, en OT-Vir Spesiale Aandag: Vir Ewig (‘Olam). Ander verwante frases is ‘in der ewigheid’ (NAV, vgl. Mat. 21:19

[Mark. 11:14]; Luk. 1:55; Joh. 6:58; 8:35; 12:34; 13:8; 14:15; II Kor. 9:9) en ‘tot in alle ewigheid’ (NAV, vgl. Ef. 3:21).

Daar word klaarblyklik geen onderskeid getref tussen hierdie Griekse idiome vir ‘vir ewig’ nie. Die term ‘ewigheid’ (ages)

is dalk MEERVOUDIG in ‘n figuurlike sin, of die rabbynse grammatiese konstruksie genaamd ‘die meervoud van majesteit’,

of dit verwys moontlik na die konsep van verskeie ‘eras’ of ‘bedelings’ in die Joodse sin van ‘era van boosheid’, ‘bedeling

wat kom’ of ‘era van geregtigheid’.

◙ “Amen” Hierdie is ‘n vorm van die OT-Hebreeuse term vir ‘geloof’ (emeth, vgl. Hab. 2:4, sien Vir Spesiale Aandag by

3:6). Die oorspronklike etimologie was ‘om standvastig of seker te wees’. Die konnotasie het egter verander na ‘dit wat

bevestig sal word’ (vgl. II Kor. 1:20). Dit is metafories gebruik van iemand wat gelowig, lojaal, standvastig en betroubaar

was (vgl. Robert B. Girdlestone, Synonyms of the Old Testament, bl. 102-106). Hier vorm dit ‘n slot tot ‘n doksologie aan

God die Vader (vgl. Rom. 1:25; 9:5; 11:36; 16:27; Ef. 3:21; Fil. 4:20).

VIR SPESIALE AANDAG: AMEN

I. OU TESTAMENT

A. Die woord “Amen” (BDB 53) word afgelei van die Hebreeuse woord vir waarheid (emeth) of eerbaarheid

(emun, emunah) en geloof of gelowigheid.

B. Etimologies verklaar kom dit neer op iemand wat stewig of vas staan. Die teenoorgestelde daarvan sal wees dat

iemand onvas is, gly (Deut. 28:64-67; 38:16; Ps. 40:2; 73:18; Jer. 23:12) of struikel (vgl. Ps. 73:2). Vanuit

hierdie letterlike betekenisse het ‘n metaforiese toepassing ontwikkel, naamlik getrouheid, betroubaarheid,

lojaliteit en vertroubaarheid (Gen. 15:16; Hab. 2:4).

C. Skrifvoorbeelde van spesiale gebruik:

1. ‘n pilaar of suil (II Kon. 18:16; I Tim. 3:15)

2. ondersteuning (Eks. 17:12)

3. onwankelbaarheid (Eks. 17:12)

4. stabiliteit (Jes. 33:6; 34:5-7)

5. waar/waarheid (I Kon. 10:6; 17:24; 22:16; Spr. 12:22)

6. ferm/fermheid (II Kron. 20:20; Jes. 7:9)

7. betroubaar – Tora (Ps. 119:43; 142, 151, 168)

D. Daar is ook twee ander woorde in die OT wat aktiewe geloof beskryf:

1. batach, vertroue

2. yra, ontsag, respek, aanbidding (vgl. Gen. 22:12)

E. ‘n Liturgiese gebruik het ontwikkel uit die gedagte aan vertroue en betroubaarheid; ‘n ware of betroubare

opmerking of stelling van iemand anders kon daardeur beaam word (vgl. Deut. 27:15-26; Neh. 8:6; Ps. 41:13;

72:19; 89:52; 106:48).

F. Die teologiese sleutel in dié verband, is dat dit nie om die mens nie, maar om JHWH se getrouheid gaan (Eks.

34:6; Deut. 32:4; Ps. 108:4; 115:1; 117:2; 138:2). ‘n Gevalle mensdom se enigste hoop is die genadige,

betroubare verbondslojaliteit van JHWH en sy beloftes.

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!