04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Joh. 16:7-15). Die derde is om gelowiges tot in Christus te doop (vgl. I Kor. 12:13). Die bediening van die Seun en dié van

die Gees was altyd nou verwant (vgl. inleiding van hierdie hoofstuk, C).

◙ “harte” Sien Vir Spesiale Aandag wat volg.

VIR SPESIALE AANDAG: DIE HART

Die Griekse term kardia word in die LXX en NT gebruik as vertaling van die Hebreeuse leb. Dit word op

verskillende maniere gebruik (vgl. Bauer, Arndt, Gingrich en Danker, A Greek-English Lexicon, bl. 403-404):

1. die sentrum van fisiese lewe (Han. 14:17; II Kor. 3:2-3; Jak. 5:5)

2. die sentrum van geestelike (morele) lewe

a. God ken die hart (vgl. Luk. 16:15; Rom. 8:27; I Kor. 14:25; I Tes. 2:4; Openb. 2:23)

b. gebruik m.b.t. die mensdom se geestelike lewe (vgl. Mat. 15:18-19; 18:35; Rom. 6:7; I Tim. 1:5; II Tim.

2:22; I Pet. 1:22)

3. die sentrum van die gedagtelewe (d.w.s. die intellek, vgl. Mat. 13:15; 24:48; Han. 7:23; 16:14; 28:27; Rom. 1:21;

10:6; 16:18; 2 Kor. 4:6; Ef. 1:18; Jak. 1:26; II Pet. 1:19; Openb. 18:7; hart is sinoniem met gedagtes in II Kor.

3:14-15 en Fil. 4:7)

4. die sentrum van die wil (vgl. Han. 5:4; 11:23; I Kor. 4:5; 7:37; II Kor. 9:7)

5. die sentrum van emosies (vgl. Mat. 5:28; Han. 2:26,37; 7:54; 21:13; Rom. 1:24; II Kor. 2:4; 7:3; Ef. 6:22; Fil.

1:7)

6. die unieke plek waar die Heilige Gees werksaam is (vgl. Rom. 5:5; II Kor. 1:21; Gal. 4:6 (d.w.s. Christus in ons

hart, Ef. 3:17))

7. Die hart verwys metaforiese na die hele persoon (vgl. Mat. 22:37 – aanhaling uit Deut. 6:5). Die gedagtes,

motiewe en aksies wat aan die hart toegeskryf word, dui op die aard van ‘n gegewe individu. Die OT bied

verskeie treffende aanwendings van dié term:

a. Gen. 6:6; 8:21 “God was in sy hart bedroef” (vgl. Hos. 11:8-9)

b. Deut. 4:29; 6:5 “Met jou hele hart en jou hele siel”

c. Deut. 10:16 “’n onbesnede hart” (vgl. ook Rom. 2:29)

d. Eseg. 18:31-32 “’n nuwe hart”

e. Eseg. 36:26 “’n nuwe hart” teenoor “‘n hart van klip”

◙ “Hy roep: Abba, Vader!” Hierdie frase bevat die Griekse sowel as die Aramese terme vir vader. Die term Abba was die

Aramese woord vir die intieme familieverhouding tussen ’n kind en sy vader (vgl. Mark. 14:36; Rom. 8:15), baie soos ons

gebruik van ‘pappa’. Familiale uitdrukkings soos hierdie beklemtoon die intieme verhouding tussen Jesus en die Vader. As

gevolg van ons reaksie op God se aanbod in Christus, het ons dieselfde intieme toegang tot die Vader (vgl. Rom. 8:26-27).

Ons is waarlik aangeneem as seuns!

4:7 “Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus”

Dit is ’n EERSTE KLAS VOORWAARDELIKE SIN: “omdat jy sy kind is” (NAV, TEV, NIV). Die Gees verwyder ons slawerny

en kettings en bewerkstellig ons seunskap (vgl. Rom. 8:12-17). Dit verseker ons erfporsie (vgl. I Pet. 1:4-5).

VIR SPESIALE AANDAG: GELOWIGES SE ERFPORSIE

Die Skrif praat oor gelowiges wat baie dinge erf (vgl. Han. 20:32; 26:18; Ef. 1:4; Kol. 1:12; 3:24) op grond van hulle

familieverhouding met Jesus wat erfgenaam is van alle dinge (vgl. Heb. 1:2) en hulle as mede-erfgename (vgl. Rom. 8:17;

Gal. 4:7) van

- die koninkryk (vgl. Mat. 26:34; I Kor. 6:9-10; 15:50; Ef. 5:5)

- ewige lewe (vgl. Mat. 19:29; Heb. 9:15)

- God se beloftes (vgl. Heb. 6:12)

- God se beskerming van sy beloftes (vgl. I Pet. 1:4-5)

◙ OAV “van God deur Christus”

NAV “het God”

NASB “through God”

Die KJV lees ‘deur Christus’. Ouer Griekse manuskripte het ‘deur God’. Dit beklemtoon God as die oorsprong en

inisieerder van genade (vgl. Joh. 6:44,65 en Gal. 4:9). Verskeie manuskripte het variasies, maar manuskripte P 46 , א, A, B

en C * het “deur God”. Van al die baie variasies lyk hierdie een die mees ongewoon en moontlik die bron van al die ander.

Die UBS 4 gee dit ’n ‘A’-gradering (seker).

60

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!