04.05.2013 Views

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

Paulus se Eerste Briewe: Galasiërs - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

◙ “As” Vers 10 is ’n TWEEDE KLAS VOORWAARDELIKE SIN wat ’n stelling uitdruk in teenstelling met die feite. Vergroot

sou die sin lees: “Indien ek steeds die guns van mense gesoek het, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus gewees het nie,

wat ek wel is.” Sien Bylaag Een, VII.

◙ OAV “ek nog mense behaag”

NAV “ek nog steeds die guns van mense soek”

NASB “I were still trying to please men”

Die woord “nog” of “nog steeds” is veelbesproke. Impliseer dit dat hy nooit die guns van mense probeer wen het nie

of erken hy dat hy as ’n ywerige Fariseër in sy jongdae wel probeer het om mense se guns te wen (d.w.s. Fariseërs, vgl.

1:14)?

◙ OAV “dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie”

NAV “sou ek geen dienaar van Christus wees nie”

NASB “I would not be a bond-servant of Christ”

Dit is ‘n heenwysing op Christus se lering dat mens nie twee meesters kan dien nie (vgl. Mat. 6:24). “Dienskneg” is

moontlik deur Paulus gebruik om te verwys na

1. Jesus as HERE en Paulus as slaaf

2. ‘n eretitel vir leierskap van die OT, gebruik vir Moses (vgl. Deut. 34:5; Jos. 8:31,33), Josua (vgl. Jos. 24:29; Rigt.

2:8) en Dawid (vgl. II Sam. 7:5; titel, Psalm 18)

OAV TEKS: 1:11-17

11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

12 Want ek het dit ook nie van ’n mens ontvang of geleer nie, maar deur ’n openbaring van Jesus Christus. 13 Want

julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit

verwoes het; 14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek

veral ’n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders. 15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder

het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom

onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, 17 en ook nie na Jerusalem

opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.

1:11-2:14 Dit is ’n literêre eenheid waarin Paulus sy eie apostelskap verdedig om sodoende sy evangelie te verdedig.

1:11 OAV “Maar ek maak julle bekend, broeders”

NAV “Dit moet julle goed besef, broers”

NASB “For I would have you know, brethren”

NKJV “But I make known to you, brethren”

NRSV “For I want you to know, brothers and sisters”

TEV “Let me tell you, my brothers”

NJB “The fact is, brothers, and I want you to realize this”

Die KJV vertaal dit as “I certify to you,” wat ’n tegniese weergawe van die frase is (vgl. I Kor. 12:3; 15:1; II Kor.

8:1).

1:11-12 OAV “dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie van die mens is nie”

NAV “die evangelie wat ek verkondig, is nie deur ’n mens uitgedink nie”

NASB “the gospel which was preached by me is not according to man”

Dit begin ’n frase wat die twee ontkennende stellings van 1:1 herhaal. Paulus beweer dat sy boodskap nie ’n

menslike oorsprong het nie (vgl. II Tess. 2:13; II Pet. 1:20-21). Verder beweer hy dat hy dit nie van enige mens ontvang

het nie. Die woord “ontvang” is gebruik van studente in rabbynse skole. Die evangelie was in teenstelling met die lering

wat Paulus as ‘n rabbynse student in Jerusalem ontvang het. Dit is aan hom geleer deur ’n openbaring van Jesus Christus,

op die pad na Damaskus sowel as in Arabië (vgl. Ef. 3:2-3). Dit word drie kere genoem in verse 11-12!

Die woord “evangelie” en die WERKWOORD “verkondig” is ’n samestelling van:

1. eu, ‘goed’; en

2. angelion, ‘nuus’ of ‘boodskap’.

Paulus gebruik hulle saam in I Kor. 15:1.

1:12 “’n openbaring van Jesus Christus” Dit is óf ’n SUBJEKTIEWE GENITIEF-TYDVORM (wat Jesus as die agent van

openbaring beklemtoon, d.w.s. teenoor “van mense”) of ’n OBJEKTIEWE GENITIEF-TYDVORM (wat Jesus as die inhoud van

die openbaring beklemtoon, vgl. vers 16).

1:13 OAV “julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom”

NAV “Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog ‘n aanhanger van die Joodse leer was”

NASB “you have heard of my former manner of life in Judaism”

Dit is nie seker hoe hierdie kerke gehoor het nie:

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!