06.06.2013 Views

Mentoring
Future Leaders

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Mentoring Future Leaders

Dominee Deon Doen-Sit-Self

Deon is ses maande gelede bevestig in die amp van leraar by ‘n tradisievaste

NG gemeente in ‘n voorstad van Johannesburg. Sy voorganger was

besig met doktorale studies en het die gemeente op ‘n lassaise faire wyse

bestuur. Alhoewel hy baie geliefd was het die gemeentegetalle begin kwyn.

In die afwesigheid van rigtinggewende leierskap het informele leiers na

vore getree en die leisels van die verskillende kommissies oorgeneem om

sake te probeer red.

Deon het pas ‘n Meestersgraad in kerkreg voltooi en is op ‘n missie om die

gemeente reg te ruk sodat dit binne die amptelik voorgeskrewe strukture

funksioneer. Sy vrou Estelle – ‘n spraakterapeut met haar eie praktyk – het

pas geboorte geskenk aan hulle eersteling, wat boonop ‘n kroep-baba is.

Omdat Deon van nature ‘n perfeksionis is, probeer hy om alles self te doen

en sodoende kritiek vry te spring. Nadat ‘n paar van hulle geroskam is

omdat hulle kommissies nie volgens die letter van die wet funksioneer nie,

het die gemeente- leiers een vir een begin onttrek.

Deon se hoë stresvlak en min slaap maak hom ge-irriteerd en minder hoflik

as normaalweg teenoor almal. Hy voel ook skuldig dat hy vir Estelle so min

ondersteun, veral omdat sy ooglopend nie die hoë standaard haal wat aan

“mevrou dominee” gestel word nie.

‘n Ander bron van bekommernis is sy ouer-wordende ouers wat sukkel om

finansieel kop bo water te hou. Hy het boonop per ongeluk ‘n gesprek

tussen twee gemeentesusters gehoor wat sy preke gekritiseer het en hulle

uitgespreek het teen die feit dat Estelle die gemeente-aktiwiteite

ondergeskik stel aan haar beroep en baba. Hy kon hom nouliks bedwing

om hulle tromp-op te konfronteer.

Vir Deon – ‘n toppresteerder sy lewe lank – is dit ‘n bitter pil om hierdie tipe

kritiek te verduur. Hy begin moedeloos voel en wonder soms of hy regtig

uitgeknip is vir die bediening. Was dit nie vir sy geestelike passie nie, het

hy waarskynlik lankal eerder polisse gaan probeer verkoop. Dit voel vir

hom asof hy in ‘n maalkolk is waar hy besig is om heeltemal beheer te

verloor.

© Learning Link International

April 2005

Module 6 - Case Studies & Role

Plays

Page ! 1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!