SEKONDÊRE SKOOLLEERDERS SE BELEWENIS VAN ...
SEKONDÊRE SKOOLLEERDERS SE BELEWENIS VAN ...
SEKONDÊRE SKOOLLEERDERS SE BELEWENIS VAN ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
mening dat as ons ware oplossings vir sosiale probleme wil vind, ons die kern oorsake

van hierdie probleme moet aanspreek. Hy is oortuig dat die hervestiging van beter

verhoudings tussen onderwysers en leerders tesame met die versterking van

verhoudinge binne die gesin en families die regte plek is om te begin, om sosiale

probleme aan te spreek. Shwalb en Shwalb (2006:1-2) stel dit dat respek uitgesonder

kan word as die enkele grootste faktor wat verhoudings versterk en so n gesonde

samelewing tot stand bring. Hulle stel dit duidelik, dat hulle van mening is dat

respekvolle kinders en adolessente geneig is om respekvolle, sosiaal aanvaarbare en

geduldige volwassenes te word. In teenstelling hiermee, is hulle oortuig dat die

oorsprong van sosiaal onaanvaarbare gedrag, disrespek en ongeduld, asook ander

probleme wat volwassenes mag ervaar, hul oorsprong het in die kinder en tiener jare.

Op die vraag Hoe kommunikeer die onderwyser? sou n mens dus gemaklik die

antwoord kon gee: Die onderwyser kommunikeer respekvol of dan disrespekvol. Ek sou

dus ook die vraag kon vra Hoe word die kommunikasie van die aggressiewe

onderwyser beleef? en die antwoord in terme van die data in hierdie ondersoek sou

wees: uiters disrespekvol. Respek en disrespek dui dus in n groot mate op die kwaliteit

van die onderwyser se kommunikasie of om meer presies te wees die beleefde kwaliteit

van die kommunikasie. Dit is dus vir my veelseggend dat die leerders op die

navorsingsvraag “ Hoe is dit vir jou wanneer jou onderwysers aggressief is wanneer

hulle met jou praat?” basies antwoord dat dit as uiters disrespekvol beleef word. Dit

dui dus op die verband wat daar bestaan tussen die kommunikasie van disrespek en

aggressie. Shwalb en Shwalb (2006:5) stel dit dan ook dat hulle data daarop dui dat

disrespek vir kinders nie eenvoudig die afwesigheid van respek is nie en dat hulle van

mening is dat daar wel n verband bestaan tussen respek en pro-sosiale gedrag en ook

tussen disrespek en aggressie. Die verband tussen respek en pro-sosiale gedrag en

tussen disrespek en aggressie kom dan ook in hierdie ondersoek baie sterk op die

voorgrond. Boxer, Tisak en Goldstein (2004:92) beskryf dat aggressie en pro-sosiale

gedrag omgekeerd eweredig is aan mekaar en dat hierdie bevindings suggereer dat

kinders en adolessente wat pro-sosiale gedrag openbaar oor die algemeen nie

aggressiewe gedrag openbaar nie en omgekeerd. Hulle stel dit verder dat hul navorsing

op die ontwikkeling van pro-sosiale gedrag daarop dui dat dit ontwikkel tesame met die

ontwikkeling van empatie en die vermoë om ander se perspektiewe in te sien. Hulle

voeg ook by dat overt aggressiewe kinders en adolessente tipies nie oor hierdie

vermoëns beskik nie. Volgens Boxer et al. (2004:92) word n soortgelyke verband

- 43 -