01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Michaels et al. (2006:31) het na „n onlangse situasie-analise oor die implemen-tering

van die pediatriese ART-program in Suid-Afrika, wat „n ondersoek in die Vrystaat

ingesluit het, verskeie uitdagings geïdentifiseer, naamlik: personeel-tekorte, swak

infrastruktuur, beleids- en prosedure leemtes en onvoldoende befondsing. Dit is

bekend dat die medikasiebegroting van die Vrystaatse tersiêre hospitaal nie

voorsiening maak vir die verskaffing van ARM nie (Venter, 2008: Persoonlike

kommunikasie).

Een van die oorwegende uitdagings wat tydens die genoemde situasie-analise na

vore gekom het, was weer eens die tekort aan gesondheidsorgpersoneel wat in staat

is om gespesialiseerde dienste te lewer. Die skrywers maak melding daarvan dat

PV‟s beperkte vaardighede met betrekking tot die diagnosering en versorging van

pediatriese infektiewe siektetoestande het. Tydens die studie is bevind dat PV‟s, wat

by een van die tersiêre hospitale werksaam is, weier om by kinders jonger as ses jaar

bloed te trek. Hierdie bevinding het „n negatiewe uitwerking op die bepaling van ART-

gereedheid, aangesien die heen-en-weer verwysing tussen fasiliteite (sodat kinders

deur geneeshere ondersoek en behandel kan word) tyd-rowend en duur is. Dit dra

ook by tot die bottelnek wat by baie fasiliteite ondervind word, aangesien die enkele

fasiliteite waarby dienste soos ART-beraming en middelgereedheidsopleiding gegee

kan word, gewoonlik vol bespreek is (Micheals et al, 2006:33).

Die oplossing hiervan lê nie noodwendig in die vermeerdering van die aantal

behandelingsessies wat weekliks by hierdie fasiliteite aangebied word nie. Bo en

behalwe dienslewering aan MIV-positiewe pasiënte, het die personeel ook ander

algemene gesondheidsorgverantwoordelikhede, wat beteken dat hulle nie vir

bykomende behandelingsessies beskikbaar kan wees nie (Michaels et al., 2006:31).

Hoewel voldoende personeel „n noodsaaklikheid vir die suksesvolle implementering

van die ART-program is, is dit nie noodwendig die enigste vereiste hiervoor nie.

Wouters et al. (2008: Intyds) argumenteer dat „n suksesvolle ART-program dalk

eerder sal afhang van „n gesondheidsorgsisteem waar daar ook na die sielkundige en

sosiale ondersteuning van individue (in stede van die toepassing van „n biomediese

model van versorging) omgesien sal word.

80

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!