01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MIV-positiewe kind uitsluit nie. Ander siektetoestande wat onder andere 'n vals

negatiewe Mantoux-toets kan oplewer, en waaraan MIV-positiewe kinders ook

blootgestel is, is ernstige proteïengebreksiekte, kindersiektes, maligniteite en VIGS

(Donald & Schaaf in Kibel et al., 2007:401).

Kweking van die Mycobacterium tuberculosis-organisme word as die belangrikste

diagnostiese toets vir TB beskou, maar is egter ook nie altyd suksesvol in kinders nie

(van Dyk, 2008:64; Donald & Schaaf in Kibel et al., 2007:402). Die kwaliteit van die

aspiraat word bepaal deur die persoon wat dit verkry. Die verkryging van gastriese- of

nasofaringeale aspiraat by 'n klein kind is moeilik, en benodig 'n spesiale vaardigheid

waarvoor PV's opgelei moet word. Indien verkeerde tegnieke vir die verkryging van 'n

aspiraat toegepas word, kan die kweking (net soos in die geval van die Mantoux-

toets) vals negatiewe resultate vir MIV-positiewe kinders lewer. 'n Borskas X-straal

word wel aanbeveel, maar onderliggende toetstande soos pneumonie en PCP, wat

op dieselfde wyse as TB op 'n X-straal presenteer, kompliseer gevolglik 'n

bevestigende diagnose (SA. DvG, 2005:42).

Vanuit hierdie gegewens kan afgelei word dat TB-sifting by MIV-positiewe kinders

kundigheid met betrekking tot kliniese manifestasies, diagnosering en behande-

lingsopsies verg. Aangesien TB die mees algemene opportunistiese infeksie in MIV-

positiewe kinders is, is dit kommerwekkend dat slegs 71% PV‟s by PGS/GGS

aangedui het dat hulle hierdie diens lewer. 'n Moontlike rede vir hierdie bevinding is

dat die behandeling van TB as 'n aparte diens by sommige PGS-klinieke aangebied

word. Dit kan gevolglik meebring dat persone wat die kliniek vir ander redes as vir

TB-behandeling besoek, nie vir TB gesif sal word nie. Indien dit die geval is, impliseer

dit dalk weer dat omvattende dienslewering aan MIV-positiewe kinders as gevolg van

die fragmentering van dienste, nie oral beskikbaar nie.

Wat die sifting van TB by MIV-positiewe kinders wat hospitale besoek betref, word

daar uit Tabel 4.7 afgelei dat hierdie diens nie optimaal gelewer word nie. Slegs 68%

PV's het bevestig dat hulle MIV-positiewe kinders vir TB sif.

176

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!