01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

etrekking tot hierdie doelwit is onder andere 'n toename in die aantal MIV-positiewe

kinders wat deur PV‟s op ART geplaas word (SA. DvG, 2007b:82).

Die navorser het aan al 157 PV‟s gevra of hulle bereid sou wees om ART by MIV-

positiewe kinders te inisieer al dan nie. Vyf-en-sewentig persent PV‟s by hospitale en

92% PV‟s by PGS/GGS het bevestig dat hulle ART aan kinders sal toedien nadat

hulle voldoende opleiding daarvoor ontvang het. Slegs 19 van die 157 PV‟s (12%) het

aangedui dat hulle nie bereid is om ART aan kinders te inisieer nie. Van hierdie 19

het 42% aangedui dat dit “te groot verantwoordelikheid inhou”, terwyl 37% “te veel

ander werk” as 'n rede aangevoer het. Hoewel 'n beduidende persentasie PV‟s

gewillig is om ART te inisieer, illustreer Figuur 4.6 dat minder as 40% PV‟s 'n

behoefte aan bykomende opleiding ten opsigte van pediatriese ART gehad het.

Hierdie bevinding mag daarop dui dat PV's onseker is oor die kennis wat hulle ten

opsigte van pediatriese ART behoort te hê.

In die laaste afdeling van die hoofstuk word die resultate weergegee van die

deurlopende versorging wat aan MIV-positiewe kinders (wat nog nie ART ontvang

nie) gegee word. Die resultate weerspieël bevindinge by die ART-verwante, sowel as

nie-ART-verwante hospitale en PGS/GGS.

4.5 DEURLOPENDE VERSORGING VAN MIV-POSITIEWE KINDERS

WAT NOG NIE ART ONTVANG NIE

Weens die vinnige verloop van MIV in kinders word beraam dat ongeveer 80% van

MIV-positiewe kinders voor die ouderdom van 12 maande met simptomatiese MIV sal

presenteer (Meyers et al., 2007:474). Ten spyte van uitgebreide kennis oor die

behandeling van MIV/VIGS in Suid-Afrika, is daar ongelukkig nog talle kinders met

MIV wat nie betyds toegang tot ART kry nie. Hierdie kinders is gevolglik aan 'n reeks

opportunistiese siektetoestande soos respiratoriese infeksies, diarree-verwante

toestande en verskeie terugkerende bakteriële infeksies uitgelewer. 'n Verdere

komplikasie is TB/MIV ko-infeksie wat gewoonlik met ernstige wanvoeding

185

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!