01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

internasionale gebeurtenisse. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het

daar, onder leiding van die African National Congress (ANC), „n transformasie-

proses in die gesondheidsorgsektor begin plaasvind. Een van die redes wat die

hervorming van gesondheidsorg genoodsaak het, was die veelvuldige fragmen-

tasie van die destydse gesondheidsorgsisteem wat gekenmerk was deur oog-

lopende tekortkominge ten opsigte van koördinering en die integrasie tussen

dienste. Die resultaat hiervan was die afwesigheid van „n unitêre gesondheid-

sorgsisteem (Van Rensburg & Pelser in Van Rensburg et al., 2004:110, 111).

In „n poging om bogenoemde uitdagings aan te spreek, het die nuwe regering

verskeie dokumente, beleidsrigtings en wetgewing begin saamstel. Dit was nodig

omdat die eertydse gesondheidsorgsisteem op siekte, in plaas van gesondheid,

en op genesing in plaas van voorkoming, gefokus het (Atkins & Chopra in Zwie-

genthal, Puoane, Reynolds, London, Coetzee, Alperstein, Duncan, Atkins,

Loveday, Hutchings, Geiger, Petersen & Ferguson, 2009:54). Die belangrikste van

hierdie vroeë dokumente was die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram en die

„Annual National Health Plan‟. Hierdie planne het, saam met met die Grondwet

van Suid-Afrika, asook die Handves van Menseregte, verreikende herorganisering

van gesondheidsorg teweeggebring. Veranderinge wat onder andere begin

plaasvind het, was die oprigting van talle nuwe primêre gesondheidsorgklinieke,

die gratis verskaffing van gesondheidsorg aan moeders en kinders onder vyfjarige

ouderdom, en die ontwikkeling van uitgebreide voedselprogramme wat veral

kinders geteiken het (Benetar, 2004:81).

In „n poging om gefragmenteerde dienslewering, sowel as ontoeganklikheid van

noodsaaklike dienste te verminder, het die regering gedurende 1997 die

sogenaamde „Whitepaper on the Transformation of the Health System in South

Africa‟, „n dokument wat veral die lewering van geïntegreerde en omvattende

gesondheidsorg aan die publiek ondersteun, die lig laat sien (SA. DvG, 1997:14,

28). Dit was „n belangrike wending aangesien „n gebrek aan integrasie tussen

gesondheidsorgprogramme gefragmenteerde dienslewering tot gevolg het, wat op

sy beurt die kwaliteit en kontinuïteit van sorg, negatief kan beïnvloed (Baum,

2007:36; Kerber, De Graft-Johnson, Bhutta, Okong, Stars & Lawn, 2007:1359).

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!