01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOOFSTUK 5

AANBEVELINGS EN BEPERKINGE

Aanbevelings, beperkinge in die navorsingsverloop en die waarde van die studie

word in hierdie hoofstuk saamgevat.

5.1 AANBEVELINGS

Verskeie aanbevelings ten opsigte van die kwalifikasies en bykomende opleiding van

PV's, asook faktore wat dienslewering aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders

beïnvloed, word vervolgens na aanleiding van studieresultate bespreek.

5.1.1 Opleiding

Die kwaliteit van enige gesondheidsorgdiens is afhanklik van die bevoegdheid en

vaardighede van diegene wat daar 'n diens lewer (Campbell et al., 2008:984). Indien

'n PV gesondheidsorg aan kinders lewer, is opleiding in kindergesondheid

noodsaaklik (Kibel et al., 2007:189). Dit blyk vanuit die navorsingsbevindinge dat die

kwalifikasies van PV's, met wie gestruktureerde onderhoude gevoer is en wat 'n diens

aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders lewer, ontoereikend is. Daar blyk 'n tekort te

wees aan die aantal PV's met 'n na-basiese diploma in kinderverpleegkunde, asook 'n

na-basiese diploma in primêre gesondheidsorg.

'n Kwalifikasie in kinderverpleegkunde is nie net vir PV's van nut wat in

pediatrieverwante afdelings in hospitale werksaam is nie, maar ook vir PV's gemoeid

met die algemene versorging van pediatriese pasiënte op primêre vlak van die

gesondheidsorgsisteem. Die kwalifikasie kan PV's in die primêre sektor in staat stel

om holistiese versorging aan kinders te verleen. Vir PV's wat in hospitale werksaam

is, kan die kwalifikasie daartoe bydra dat hulle groter verantwoorde-likheid en

inisiatief vir die versorging van kinders neem, in plaas daarvan om oorwegend op die

versoeke van geneeshere te reageer. Daar moet in gedagte gehou word dat PV's in

tersiêre- en streekshospitale normaalweg verwysings vanaf die primêre sektor

ontvang. Dit beteken dat hierdie kinders meer gespesialiseerde versorging deur

190

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!