01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Twee belangrike beginsels ten opsigte van „n doeltreffende verwysingsisteem is,

eerstens, dat dit „n tweerigting kommunikasieproses sal insluit. Kliënte behoort

gemaklik van laer-vlak dienste na hoër vlakke verwys te kan word en andersom.

Die tweede beginsel is dat kliënte wat na hoër vlak fasiliteite verwys is, so gou as

wat hul gesondheid dit toelaat, na laer vlakke van sorg terugverwys sal word. Hulle

behoort dus so min as moontlik tyd in die instansie waarheen hulle verwys is, deur

te bring (Van Rensburg & Pelser in Van Rensburg et al., 2004:150). Die gevolg

van „n effektiewe verwysingsisteem is dat gesondheidsorgverbruikers met minder

ernstige toestande, in laer-vlak sentra, terwyl diegene met meer komplekse siekte-

toestande, in hoër-vlak sentra, versorg sal word (Siddiqi, Kielmann, Khan, Ali,

Ghaffar, Sheikh & Mumtaz, 2001:197). Die ideaal is dus dat „n effektiewe PGS-

verwysingsisteem daartoe sal bydra dat individue, wat van die gesondheid-

sorgsisteem gebruik maak, so maklik en koste-effektief as moontlik tussen die

vlakke van sorg sal beweeg.

Die fokus van hierdie studie is die lewering van gesondheidsorg aan MIV-

blootgestelde/-positiewe kinders op al drie vlakke van die publieke gesondheid-

sorgsisteem in die Vrystaat. Voordat die spesifieke sorg wat hierdie kinders moet

ontvang bespreek word, word die soort diens wat op elke sorgvlak in die Suid-

Afrikaanse gesondheidsorgsektor vir kinders aangebied word, vervolgens

bespreek.

2.3 KINDERGESONDHEID IN KONTEKS VAN DIE SUID-

AFRIKAANSE GESONDHEIDSORGSISTEEM

Tot en met volwassenheid word „n kind se lewe deur verskeie biologiese,

psigologiese en sosiale ontwikkelingsfases gekenmerk. Die mate waartoe „n kind

suksesvol deur hierdie fases beweeg, is grootliks van die intervensie van hulle

versorgers afhanklik. In hierdie verband kan kindergesondheid beskou word as „n

dissipline in die gesondheidsorgsektor waar gesondheidsorgwerkers gemoeid is

met: (a) die bevordering van optimale gesondheid van kinders, (b) die voorkoming

van siekte en gestremdheid en (c) die effektiewe behandeling van siek kinders

(Kibel et al., 2007:1, 2).

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!