01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vanuit Tabel 4.3 blyk dit dat dokumentasie meer algemeen by PGS/GGS as by

hospitale beskikbaar is. Die DvG se riglyne vir die hantering van MIV-positiewe

kinders was slegs by 58% van die afdelings wat in hospitale besoek was,

beskikbaar. Dit is egter die ideaal dat hierdie riglyne veral by alle fasiliteite, wat 'n

diens aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders lewer, beskikbaar sal wees. PV‟s in

pediatrieverwante afdelings in hospitale het geleentheid om pediatriese MIV te

voorkom en om MIV-blootgestelde kinders so vroeg as moontlik te identifiseer en

hulle sodoende betyds vir behandeling te verwys indien nodig (SA. DvG, 2005). Na

aanleiding van die feit dat slegs 10% PV‟s by hospitale aangedui het dat hulle 'n na-

basiese kwalifikasie in kinderverpleegkunde het, is die afwesigheid van hierdie

belangrike dokument kommerwekkend. Veral weens die feit dat die voorgestelde

behandeling aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders redelik volledig daarin beskryf

word. In teenstelling hiermee het 92% PV‟s in PGS/GGS aangedui dat hulle die

riglyne tot hulle beskikking het.

Die New Strategic Plan, wat een van Suid-Afrika se belangrike rigtinggewende

beleidsdokumente ten opsigte van MIV/VIGS en seksueel oordraagbare siektes is,

was slegs by die helfte van fasiliteite in hospitale beskikbaar, terwyl twee derdes

(66%) PV‟s in PGS/GGS bevestig het dat hulle toegang tot die dokument het. Hierdie

waardevolle dokument kan daartoe bydra dat gesondheidsorgwerkers in alle sektore

van dienslewering 'n groter bewustheid met betrekking tot die belangrikheid van hul

taak in die strategie teen pediatriese MIV kan bekom. Dit is dus wenslik dat die New

Strategic Plan by soveel as moontlik publieke gesondheidsorgfasiliteite beskikbaar

sal wees.

Volgens die DvG (2008:13) word die PMTCT-program tans in 100% van hospitale en

ongeveer 90% van klinieke in die publieke gesondheidsorgsektor geïmplementeer.

Tabel 4.3 illustreer egter dat slegs 65% PV‟s wat in hospitale werksaam is, aangedui

het dat hierdie program in die fasiliteit beskikbaar is. Indien die program dus nie oral

beskikbaar is nie, bevraagteken die navorser die mate waartoe dit in afdelings

geïmplementeer kan word. In teenstelling hiermee het feitlik alle PV‟s (99%) by

PGS/GGS aangedui dat hulle toegang tot die dokument het.

151

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!