01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3.4 NAVORSINGSTEGNIEKE

Navorsingstegnieke verwys na spesifieke metodes wat deur „n navorser gebruik word

om inligting te versamel. Volgens Uys en Basson (1991:55) is daar hoofsaaklik drie

tegnieke wat in navorsing gebruik word, naamlik: observasie, ondervraging en

meting. Die gebruik van vraelyste en onderhoude, wat verband hou met die tegniek

van ondervraging, is relevant vir die gebruik in kwantitatiewe beskrywende navorsing,

veral wanneer die populasie wat ondersoek word, te groot is om direk te observeer

(Burns & Grove, 2009:44, 403; De Vos et al., 2005:143; Babbie & Mouton, 2001:232,

249). Die navorser het van ondervraging as tegniek gebruik gemaak en wel deur

middel van gestruktureerde onderhoudvoering, met PV‟s wat in publieke gesondheid-

sorgfasiliteite „n diens aan kinders lewer. Aspekte van gestruktureerde onderhoud-

voering, en die gebruik van vraelyste as meetinstrumente in hierdie studie, word in

die volgende afdelings bespreek.

3.4.1 Gestruktureerde onderhoudvoering

Onderhoudvoering is „n interaktiewe gebeurtenis waartydens die onderhoudvoerder

aan „n deelnemer vrae vra ten einde die beplande navorsingsinligting te bekom (Polit

& Beck, 2004:721). Genoemde outeurs (2004:235) beskou onderhoudvoering as die

beste metode om „n opname van „n bepaalde situasie te maak en wel as gevolg van

die kwaliteit van inligting wat opgelewer word. Die doel van die onderhoud bepaal

gewoonlik die vorm waarin dit sal geskied (Uys & Basson, 1991:63). In teenstelling

met ongestruktureerde onderhoude, waar navorsers gewoonlik die tegniek gebruik

om deelnemers se ondervinding of gevoel rakende situasies te bepaal, maak

navorsers wat eenvoudige, feitelike inligting verlang, gewoonlik van gestruktureerde

onderhoudvoering gebruik (Brink, 2006:150; De Vos et al., 2005:287). Na aanleiding

van die doel van hierdie studie, het die navorser besluit om laasgenoemde

navorsingstegniek te gebruik.

Tydens gestruktureerde onderhoudvoering gebruik die navorser dus „n vooraf

opgestelde vraelys (die meetinstrument) waartydens 'n deelnemer die geleentheid

gegun word om „n mening in die vorm van „n keuse, tussen alternatiewe wat aan

88

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!