01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

nadelige gevolge vir kinders, wat ART benodig, inhou (SA. DvG, 2009:i). Dit kan

ook vir die versorgers te duur raak om tussen fasiliteite te pendel en hulle sal

gevolglik eerder tuis bly as om kinders vir behandeling te bring. Die ideaal is die

vroegtydige opsporing (onder andere deur middel van die PMTCT-program en

VCT-dienste) en behandeling van kinders met MIV sonder die heen-en-weer

verwysingspatroon wat tans ook in die Vrystaat gevolg word. Die ideaal is 'n “een-

stop-diens”, waar die MIV-blootgestelde/-positiewe kind en sy/haar versorger die

voordeel kan hê om noodsaaklike MIV-verwante dienste te ontvang, soos die

voorkoming van MIV, diagnosering van babas en kinders, voorligting met betrek-

king tot veilige voedingspraktyke, die voorsiening van ART, die behandeling van

opportunistiese infeksies en deurlopende opvolg (Feucht, Kinzer & Kruger,

2007:401).

Alhoewel ART-dienste in die Vrystaat hoofsaaklik op „n buitepasiënt-basis hanteer

word, is dit egter noodsaaklik dat ART-geakkrediteerde klinieke en gemeenskaps-

gesondheidsorgsentra toegang tot hospitaaldienste het. Komplekse behande-

lingsaangeleenthede soos veelvuldige diagnoses, newe-effekte/komplikasies van

ART, en ingewikkelde besluite rondom die inisiëring van ART, vereis soms dat

pasiënte na hoër sorgvlakke verwys moet word. Swak koördinering tussen hierdie

dienste kan ondoeltreffende versorging tot gevolg hê (Feucht et al., 2007:401).

2.4.2.4 Integrated Management of Childhood Illness

Die Integrated Management of Childhood Illness (IMCI) word eerder as „n

omvattende strategie as „n gesondheidsorgprogram/diens beskou. Die IMCI-

strategie was in 1990 deur die WGO en UNICEF ontwikkel met die fokus op

mense in lae-inkomste gebiede. Die aanvanklike doel van die strategie was die

vroeë identifisering en behandeling van algemene kindersiektes by primêre

gesondheidsorgdienste in „n poging om die mortaliteitsyfers van kinders jonger as

vyf jaar te verlaag. Sedert die implementering van die strategie is daar bevind dat

dit wel doeltreffend, asook koste-effektief is (Loening in Kibel et al., 2007:196, 198;

Qazi & Muhe, 2005:10). Belangrike gesondheidsaspekte wat deur middel van die

strategie aangespreek word, is immunisering, die monitor van groei, en kwessies

soos die implementering van optimale voedingsregimes (Shea in Kibel et al.,

2007:85).

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!