01.05.2013 Views

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan miv-blootgestelde

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.1. INLEIDING

HOOFSTUK 2

LITERATUUROORSIG

Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) is in 1983 vir die eerste keer as die

primêre oorsaak van verworwe immuniteitsgebreksindroom (VIGS) beskryf

(Hoffmann, Rockstroh & Kamps, 2007: Intyds). Die verspreiding van MIV was

aanvanklik klaarblyklik tot „n paar geïsoleerde gemeenskappe in Afrika beperk.

Faktore soos migrasie, verbeterde vervoernetwerke, toerisme en onveilige

seksuele praktyke het veroorsaak dat die virus wêreldwyd versprei het en

uiteindelik as „n epidemie verklaar is (Van Dyk, 2008:7). Daar was sedertdien nog

geen ander epidemie wat die wêreld van gesondheidsorg so aangegryp het nie.

Volgens „n onlangse verslag wat gesamentlik deur die Wêreldgesondheidsorg-

organisasie (WGO) en die 'Joint United Nations Programme on HIV/AIDS'

(UNAIDS) saamgestel is, was daar in 2007 ongeveer 33.2 miljoen MIV-positiewe

persone wêreldwyd waarvan 2.5 miljoen kinders onder die ouderdom van 15 jaar

was. Luidens die verslag was die wêreldwye getal nuwe MIV-infeksies by kinders

jonger as 15 jaar in 2007 sowat 420 000. In dieselfde jaar het ongeveer 330 000

kinders weens VIGS en vigsverwante siektes gesterf. (UNAIDS/WHO, 2007:1, 4).

Hierdie syfers bevestig dat MIV steeds as die grootste uitdaging in die bekamping

van infektiewe siektetoestande beskou kan word.

Afrika-lande suid van die Sahara, word as die wêreld se mees kommerwekkende

areas beskou. Meer as twee derdes (68%) van die totale aantal MIV-positiewe

volwassenes en ongeveer 90% van alle MIV-positiewe kinders, het in 2007 in

hierdie streek voorgekom. Verder het 76% van wêreldwye vigsverwante sterftes

(1.6 miljoen mense) in dieselfde jaar, ook hier voorgekom (UNAIDS/WHO,

2007:15).

Suid-Afrika is tans die land met die grootste getal MIV-infeksies ter wêreld en gaan

steeds die swaarste gebuk onder die pandemie. MIV het die hoofoorsaak van

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!