03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

23 Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal

vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

24 want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n

aansienlike skare is aan die Here toegebring.

25 Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry,

het hy hom na Antiochíë gebring.

26 En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n

aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die

eerste keer Christene genoem.

Sy vermaninge aan die bekeerlinge om by die Here te bly soos ons gesien het in

vers 23, beskryf vir ons die hart en siel van die pastorale bediening. As die

sleutelwoord van ‘n evangelis “kom” is, dan is die van die herder “bly”. Hy het

hulle vermaan om in die Here te bly. Dit is betreklik maklik om iemand op te wek,

maar dit is nie so maklik om hom staande te hou nie. Beide is baie nodig, dit

word net nie altyd genoeg besef nie. Hierdie mooi karaktertrekke het vir hom

(Bárnabas) die naam “seun van vertroosting” verdien. Ons sien dit in Handelinge

4:36. Ook hoe mooi dit na vore gekom het in Handelinge 9:27, toe al die ander

vir Paulus met groot agterdog bejeën het. Dit het uitstekend by die

herdersbediening gepas.

Handelinge 9:27;

27 Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle

vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek

het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus

gespreek het.

Paulus het so pas op die Damaskus pad tot bekering gekom. Hy was die een wat

die gemeente probeer verwoes en uitroei het, almal het hom nog verdink en jy

kan hulle nie kwalik neem nie. Bárnabas was die ene wat hom aan die apostels

gaan voorstel het, hom onder sy vleuels geneem het en hom laat tuis voel het en

hom ingelyf en ingebring het. Presies soos ‘n getroue en liefdevolle herder sou

doen.

Paulus het ook by uitnemendheid geweet wat dit beteken om God se skape op te

pas. Maar by hom was hierdie bediening opgeneem in die nog groter bediening

van sy apostelskap en dit was nie net die las van een gemeente nie maar van

baie gemeentes wat op sy hart gerus het.

Timótheüs het sy geestelike vaderskap gedeel, en alhoewel pastorale bediening

heel moontlik nie sy besonderse roeping was nie moes hy tog soms soos menige

ander dienskneg van die Here aan so ‘n behoefte voldoen.

1 Timótheüs 1:3;

Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in

Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet

leer nie,

103

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!